Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie / Academy

Image

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Die jaarlikse Zoetendal Akademie Proe-Aand, wat op Saterdag, 3 Augustus 2024, by die Struisbaai Dienssentrum plaasgevind het, was ‘n reuse sukses. Deelnemers en gaste het die aand terdeë geniet, met elke klasgroep wat spoggerige disse uit ses verskillende lande voorgesit het. Die kos was soos altyd uit die boonste rakke, en die atmosfeer was lewendig en feestelik.

Ons graad 2- en 3-groep met die Brasiliaanse tema het met die eerste prys weggestap. Frankryk, graad R en RR, het in die tweede plek geëindig, en Marokko, graad 7, het die derde plek behaal. Hierdie kulinêre ervaring het gaste op 'n reis om die wêreld geneem en sommer die smaakpapille geprikkel.

Die aand is verder gekenmerk deur 'n suksesvolle veiling wat groot belangstelling gelok het. Die lewendige gehoor het gesorg vir opwindende bod-oomblikke, en uiteindelik is ‘n indrukwekkende bedrag van R49 976.00 ingesamel. Hierdie fondse sal aangewend word vir die ontwikkeling van die skool en sportgronde, wat verseker dat Zoetendal Akademie voortgaan om ‘n omgewing van uitnemendheid vir sy leerders te skep.

‘n Spesiale dankie gaan aan die beheerliggaam, ouers, personeel, leerders, gemeenskap, en ons borge vir almal se bydraes en harde werk. Die Proe-Aand was nie net ‘n viering van kos en kultuur nie, maar ook ‘n bewys van wat ons saam as gemeenskap kan bereik.

Ons sien reeds uit na volgende jaar se Proe-Aand en weet dat dit weer 'n gebeurtenis van uitnemendheid sal wees!

Zoetendal Akademie se Proe-Aand ‘n Groot Sukses

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

Self-Respect Over Validation

Self-Respect Over Validation

Standing up for yourself is often misunderstood.

From Inner Conflict to Clarity

From Inner Conflict to Clarity

This is for you if you feel the inner conflict.

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg Nuus / News
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai