Zoetendal Akademie Kook!

Zoetendal Akademie Kook!

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie Kook!

Die Zoeties het verlede naweek se prag-weer gevier deur behoorlik fees te vier. Die vure het hoog gebrand en die potte het omtrent geprut by Zoetendal Akademie se Potjiekoskompetisie. Die dag se pret is afgeskop deur 'n kleurvolle pretdraf vanaf Stormsee karavaanpark en deelnemers is langs die pad na die mees suidelike punt, verfraai met allerhande kleure.

Terwyl dit afgespeel het, het die tien groepe wat meegeding het om Potjiekos-koning te kraai; die karavaanpark (én die buurt rondom dit) se monde aan die water gehad met die allerheerlikste geure. Van seekos; biltongpot tot Rogan Josh tot bees- en lamsvet wat braai.

Voeg dit by heerlike musiek om selfs ouma se heupe te laat swaai en g'n wonder talle besoekers het Saterdag kom draai nie. Die beoordeelaars se taak was beslis nie maklik nie, want lekkerder potjiekos, sal mens nie sómmer kry nie. Ongelukkig kon daar net één wenner wees en hierdie prestasie gaan aan die Sjampanjemeisies se span met hul smullekker Morokkaanse lamspot en sjampanje koes-koes.  Die prys vir die span met die meeste gees het gegaan aan ‘Ratel Paving and Construction’. Baie dankie aan een en elkeen se ondersteuning.

 
- Elanah Engelbrecht

Van Links:  Meyer Smit, Shané Breedt, Doald Breedt, Don Breedt

Van Links: Marlize Vermaak, Erin Conradi, Marquerite van Wyk, Marchean Delport

 
Fotograaf - Annelize Blom
 
Zoetendal Akademie Kook!

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

Self-Respect Over Validation

Self-Respect Over Validation

Standing up for yourself is often misunderstood.

From Inner Conflict to Clarity

From Inner Conflict to Clarity

This is for you if you feel the inner conflict.

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg Nuus / News
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai