Blog

Suidpunt redenaars het die Overberg aan die gons

Suidpunt redenaars het die Overberg aan die gons

Zoetendal Akademie / Academy

Suidpunt redenaars het die Overberg aan die gons

Op Woensdag, 25 Mei was die opwinding tasbaar by die NG kerksaal Agulhas. Zoetendal Akademie kon, vir die eerste keer sedert 2019, hulle jaarlikse redenaarskompetisie vir die skole in die omgewing aanbied.

Met 38 deelnemers van agt verskillende skole - onder meer South Gate Academy; Rûens Kollege; Laerskool Bredasdorp; Laerskool Buffeljagsrivier; Laerskool Koo; Laerskool Montagu en Struisbaai Primêr, was hierdie 'n resep vir sukses. Elke Gr. 5-7 deelnemer het beslis hul stempel op een en elk in die gehoor en veral die beoordelaars gelaat. Mnr. Rudi de Waal, Mnr. Eugene Parsons en Mev. An-johlene Snyders het beslis nie 'n maklike taak onder hande gehad nie, maar het die bul by die horings gepak en die uitslae van die dag was uitstekend. Hoewel dit soms nek aan nek en so hittete was, het Mev. Shereen Visser en Mev. Elmarie Harris goed kop gehou met die tellings op elkeen se staat om ten einde die prestasie van die leerders aan te teken.

Image 1
Image 2
Image 3

Laaste, maar beslis nie die minste nie - verdien elke liewe deelnemer se selfvertroue, deursettingsvermoë en dapperheid 'n luide applous. Die trots het in die oë van al die ouers, koördineerders en onderwysers geskitter - van hulle, ek moet bieg ek self, het selfs 'n traantjie gepink. Dít is natuurlik in die oomblikke wat die deelnemers ons as gehoor, nie laat skaterlag of ons iets gegee het om oor verder te dink op pad huis toe nie!

Suidpunt redenaars het die Overberg aan die gons

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

Self-Respect Over Validation

Self-Respect Over Validation

Standing up for yourself is often misunderstood.

From Inner Conflict to Clarity

From Inner Conflict to Clarity

This is for you if you feel the inner conflict.

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg Nuus / News
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai