Blog

Overberg Kushengelklub - Hengelaars pronk by jaarlikse Prysuitdelings

Overberg Kushengelklub - Hengelaars pronk by jaarlikse Prysuitdelings

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengelklub - Hengelaars pronk by jaarlikse Prysuitdelings

“Saterdag, 13 Julie 2024 was dié hoogtepunt van die jaar op Overberg Kushengelklub se jaarprogram,” vertel Elba Tredoux van die hengelklub. “Dit was tyd om erkenning te gee aan ons vorige jaar se hengelaarsprestasies, sowel as die geleentheid om die nuwe jaar vir die klub af te skop met ‘n heerlike saamkuier.” Elba sê die afwagting was groot, veral met die vangstes gedurende hulle laaste kompetisie in Junie wat die kaarte goed deurmekaar gekrap het. Die week se storms en reën het nie die klublede en hul gades se gees afgetakel nie en almal was begerig om bietjie uit te kom. “Wat is dan ook nou beter as skape op die spit, Springbok Rugby op die groot skerm en entoesiastiese ondersteuners?” vra sy.

Die voorafgaande jaar het heelwat vernuwing vir die klub beteken met die 'Catch and Release' beginsel wat geïmplementeer is, asook die klub wat in spanne opgedeel is wat vir lekker en gesonde mededinging gesorg het.

Saterdag se uitslae:

Ondanks die weer, was die getroue hengelaars vroeg-vroeg langs die see bedrywig, met mooi visse wat kant toe gebring is. Johnny Hanekom was die wenner van die dag, Melchi Botha in 2de posisie en Gustav Carstensen in die 3de plek.  Gustav het ‘n almintige galjoen van byna 50cm gevang - “nie aldag dat ons nog die ou grotes sien nie!”

Jaarlikse prysuitdeling:

Elba sê ‘n breed-glimlaggende Thys Kemp van De Kelders is as die nuwe Klubkampioen aangewys met die meeste punte wat hy versamel het. Met hierdie prys het Thys ‘n bootreis vir twee na Mosselbaai gewen - “welgedaan, Thys, geniet jul reis!” Gustav Carstensen beklee die 2de posisie, Melchi Botha is 3de, Mias Albrecht 4de, Eldo Marais 5de en Eddie de Jager 6de.  “Hierdie manne het soms wind en weer langs die see trotseer - eenmaal ‘n hengelaar, altyd ene!” het Elba gesê.

Melchi Botha was die hengelaar met die swaarste sak vir die jaar - ‘n allemintige 72.03kg, dít benewens sy ander toekennings! Die spesie-trofeë is soos volg ingepalm: Steenbras - Eddie de Jager; Kabeljou - Melchi Botha; Galjoen - Melchi Botha; Mosselkraker - Mias Albrecht. Die Top

Dameshengelaar vir die jaar is Heleen Lundt, wat ook die algehele 15de posisie beklee - pragtige prestasie Heleen! Aitog, en die Boeboe-prys kom vanjaar na Wenna Vermeulen toe - vang maar vanjaar met jou eie permit ou maat!

Die gesogte Voorsitterstrofee, volgens die diskresie van die klubvoorsitter, is vanjaar aan Frans Claassen toegeken, wat soveel tyd en energie aan klubsake oor die jare en stééds spandeer - ‘n welverdiende toekenning aan Frans.

Laaste maar nie die minste nie, is die wenspan vir die afgelope jaar aangekondig. ‘n Baie opgewonde span van die Leervisse en hul gades gaan heerlik uiteet. Gelukaan die span, maar weet net hierdie jaar sal julle hard moet werk om julle posisie te behou! ‘n Gelukstrekking vir die Sosiale Bywoningsprys is getrek en die gelukkige wenner, is Duif Pienaar. Duif wen ‘n heerlike verblyf vir 2 in ‘n top hotel - geniet dit! “Die Borgskappe van Kuslangs Restaurant, Gansbaai Vismark en Buitesteen Pub & Grill deur die jaar word hoog waardeer - baie, baie dankie daarvoor,” het Elba gesê. “En soos gebruiklik, is daar na die prysuitdelings tot laataand feesgevier en saamgekuier.”

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub - Hengelaars pronk by jaarlikse Prysuitdelings

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Flyer Printing Completed!

Flyer Printing Completed!

A big thank you to Little Greece Self Catering Accommodation in L'Agulhas for trusting MEC - Make Everyday Count Printing.

André Vorster Herdenkingstoernooi 2026 (“Vossiedag”)

André Vorster Herdenkingstoernooi 2026 (“Vossiedag”)

L’Agulhas Rolbalklub het die jaarlikse Vossiedag op 22 Julie 2026 gevier. André Voster “Vossie” soos hy alom bekend was.

L’Agulhas Bowls Club
Never Value Yourself by the Limitations Others Sell to You

Never Value Yourself by the Limitations Others Sell to You

One of the greatest dangers an entrepreneur - or anyone pursuing a meaningful life...

We Will Be Tomorrow What We Think Today

We Will Be Tomorrow What We Think Today

As entrepreneurs, we spend a great deal of time planning for tomorrow. 

An Entrepreneur's Greatest Investment Is Their Mind

An Entrepreneur's Greatest Investment Is Their Mind

This week we've explored a truth that every successful entrepreneur eventually discovers...

New Edition of Gans-Berg Nuus / News - 24 July 2026

New Edition of Gans-Berg Nuus / News - 24 July 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is now available.

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai