Gansbaai Posduifklub - Week 13 - Bloemhof en Modderrivier (990km)

Gansbaai Posduifklub - Week 13 - Bloemhof en Modderrivier (990km)

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Posduifklub - Week 13 - Bloemhof en Modderrivier (990km)

Verlede week se wedvlugte, onderskeidelik vanaf Bloemhof en Modderrivier, was die langste wedvlugte vir die seisoen - altwee wedvlugte was dus Langpad Wedvlugte en is gewoonlik oorslaap wedvlugte. Gedurende die week is gehoop op ’n kalm en koel dag, maar siende dat dit lente is, was die hoop maar skraal. Die duiwe is om 06:45 te Modderrivier losgelaat en om 06:40 te Bloemhof. In altwee gevalle was dit mooi weer en die voorspelling was dat die duiwe vanaf

15:00 sou arriveer. ‘n Kopwind (van vooraf) teen 17km per uur het die wedvlug vanaf Bloemhof byna onmoontlik vir die duiwe gemaak om hul hokke te bereik en slegs ‘n paar het dit vanaf Modderrivier gemaak,

wat duidelik teen uitluityd Sondagaand gesien kon word.

Resultate: Modderrivier

Ope-duiwe: J & J Swart 1, 2, 10, 13, 14, 16; C & R Kruger 3, 4, 15, 18; Louis Groenewald 5, 9;

Seun du Bruyn 6; Fourie Lofts 7, 17, 19; Snr Germishuys Hokke 8, 11, 20; Human Loft 12.

Resultate: Bloemhof

Ope-wedvlug: Snr Germishuys Hokke 1, 2, 7, 10,14, 20; J & J Swart 3, 16; Fourie Lofts 4, 9, 13,

15; Louis Groenewald 5, 6, 8, 12, 18; C & R Kruger 11, 19; Seun du Bruyn 17. Baie geluk aan

die wenners.

Dit was ‘n moeilike wedvlug wat alles van die duiwe geverg het. Die Posduif Unie se uitslae sal

volgende week gepubliseer word, aangesien die duiwe tot Maandagaand laat nog ingelui is.

Groete,

André Vorster

072 248 8818

Gansbaai Posduifklub - Week 13 - Bloemhof en Modderrivier (990km)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Mother’s Day Lunch at Adoons Spens

Mother’s Day Lunch at Adoons Spens

Join us this Mother’s Day, 10 May 2026, at Adoons Spens for a relaxed and enjoyable 5-course meal the whole family can enjoy.

Bredasdorp High School Newsletter - (Issue 12)

Bredasdorp High School Newsletter - (Issue 12)

Bredasdorp High School’s Newsletter 12 (April 2026) highlights recent academic, cultural, and sports achievements...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Another Successful Aircon Installation!

Another Successful Aircon Installation!

DK Refrigeration, Aircons & Appliances getting the job done right in Bredasdorp!

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

See All Articles