Skokmoord van oud-skoolhoof

Skokmoord van oud-skoolhoof

Gans-Berg Nuus / News

Skokmoord van oud-skoolhoof

Bredasdorp se gemeenskap is geskok met die nuus dat mnr Sammy Cloete (82) vermoor is. Die oorledene is op Saterdag, 12 Julie 2025, omstreeks 15:45, in sy woning, Jakarandalaan in Bredasdorp, aangeval en met 'n mes gesteek. Hy het een steekwond aan die linkerkant van sy nek gehad. Sammy was 'n oud-skoolhoof van Albert Myburgh Skool in Bredasdorp. 

“'n Klagte is ontvang dat die slagoffer by sy woning gekry is en dit het voorgekom asof hy met 'n mes of 'n skerp voorwerp gesteek is,” het Bredasdorp SAPD se Bevelvoerder, Lt.Kol Anneke Durand, aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Met die aankoms van SAPD-lede by die moordtoneel, was die slagoffer reeds dood en daar was geen tekens van geforseerde toegang nie.” Twee tieners, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, is reeds in verband met die moord gearresteer. Die twee het Maandag, 14 Julie 2025 in die Bredasdorp-landdroshof verskyn. 

Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag se provinsiale woordvoerder, het bevestig dat die twee verdagtes van moord, huisbraak en die diefstal van 'n voertuig aangekla is. “Die saak is aangeskuif tot Dinsdag, 15 Julie 2025 om 'n plek van veiligheid vir die 16-jarige te vind. Hy en sy medebeskuldige, sal in aanhouding bly en indien hulle besluit om vir borgtog aansoek te doen, sal die Staat dit teenstaan,” het Ntabazalila voorts gesê. 

“Misdaad is nie net 'n polisiërings-kwessie nie, dit raak ons almal,” het Lt.Kol Durand gesê. “As gemeenskap moet ons staamstaan, mekaar ondersteun en aktief betrokke by oplossings wees.” Sy het bygevoeg dat verdagte aktiwiteite onmiddelik by die SAPD aangemeld moet word. Sy het dit ook beklemtoon dat die gemeenskap by Buurtwagte of Straatkommitees moet aansluit om te help vir groter sigbaarheid en om samewerking te bevorder. “Bredasdorp is 'n gemeenskap met krag en potensiaal, kom ons benut dit,” het Lt.Kol Durand die onderhoud afgesluit.

Enige persoon met bykomende inligting kan Bredasdorp se SAPD by 028 425 5410 skakel, of skakel 082 488 5103.

Hardus Botha

Skokmoord van oud-skoolhoof

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

From Beach Rides to Marriage Proposals

From Beach Rides to Marriage Proposals

Forget the rest... check off your bucket-list adventure with Pearly Beach Horse Trails.

Never Value Yourself by the Limitations Others Sell to You

Never Value Yourself by the Limitations Others Sell to You

One of the greatest dangers an entrepreneur - or anyone pursuing a meaningful life...

We Will Be Tomorrow What We Think Today

We Will Be Tomorrow What We Think Today

As entrepreneurs, we spend a great deal of time planning for tomorrow. 

An Entrepreneur's Greatest Investment Is Their Mind

An Entrepreneur's Greatest Investment Is Their Mind

This week we've explored a truth that every successful entrepreneur eventually discovers...

New Edition of Gans-Berg Nuus / News - 24 July 2026

New Edition of Gans-Berg Nuus / News - 24 July 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is now available.

Gans-Berg Nuus / News
Exciting Changes at De Hoop Collection

Exciting Changes at De Hoop Collection

Exciting things are happening at De Hoop Collection!

De Hoop Collection
See All Articles