Avonturier vertrek weer van die Suidste Punt van Afrika
Die bekende avont u rier, Kingsley Holgate, het al by meer as een geleentheid vertrek of aangekom by die ikoniese mees suidelike punt van Afrika. Die bekendste twee geleenthede was seer sekerlik die dag toe hy en sy span van die mees suidelike punt van Afrika, vertrek het op 'n reis wat hulle om Afrika sou neem. Die Skeepswrakmuseum in Bredasdorp was ook op die reisplan en leerders van al die plaaslike skole het hom nog hier kom verwelkom. Die museum het ook elke week getrou die verslae van Kingsley en sy span versamel waarin hulle weekliks vertel het waar hulle trek en wat hulle alles daardie week gedoen het. Donderdag, 28 Oktober het Kingsley weereens vanaf die mees suidelike punt vertrek, hierdie keer op 'n reis oor 30 000km wat hom tot by die mees noordelike punt van Europa wat in Noorweë geleë is tot by wat bekend staan as “NordKapp” gaan neem. Dit word beskryf as 'n reis van die warm Kaap by Kaap Agulhas tot by die koue Kaap van NordKapp.