Blog

NAMPO groei van krag tot krag

NAMPO groei van krag tot krag

Gans-Berg Nuus / News

NAMPO groei van krag tot krag

“Die tema vir die 2024 NAMPO Kaap te Bredasdorp Park was Landbou - die ruggraat van ekonomiese groei en het weer die geleentheid aan alle rolspelers in die landbou van die Wes-Kaap gebied om met die nuutste tegnologie en die uitdagings van landbou in die 21ste eeu kennis te maak,” het Henk Aggenbach, voorsitter: Bredasdorp Park in sy verwelkomingsboodskap gesê. 

Dit was die 5de NAMPO Kaap (11-14 September 2024) en het met die 30-jarige herdenking van die eerste Meganiserings Dag saamgeval. Dit het as ‘n klein ‘Landbouskou’ met 10 uitstallers begin, maar het met ‘n passie en entoesiasme na 516 uitstallers en 34 635 besoekers in 2023 gegroei - Nampo 2024 het met bykans 100 000 besoekers oor die 4 dae geëindig. Die produkte en dienste wat uitgestal is, was deur meer as 750 uitstallers - ‘n aansienlike groei sedert 2023. NAMPO Kaap word georganiseer en aangebied deur Bredasdorp Park NPC en Grain SA, altwee nie-winsgewende organisasies.

Voorbeelde van interesante uitstallings en aanbiedinge was onder andere: Skaaphond opleiding, -demonstrasies en -kompetisies; Blommerangskikkings (met onder andere ‘n reuse uitstalling van 693 wynbottels op mekaar gestapel); Griffins Perdeboogskut vertoning; Perde vertonings; Skaapkopete; Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie; Perde Jeugskou Kliniek. Die tema van die 2024 Neptune Fynbos uitstalling was ‘Viering van die Overberg Landskap’ en is deur die Landskapsargitek, Jan Hag, ontwerp. Daar was ook ‘n uitgebreide en interessante AFGRI Vroue-program gedurende die 4 dae ingesluit, met bekende persoonlikhede wat opgetree het soos Martelize Brink, Nadine, Matthys Roets en andere.

Baie geluk aan die organiseerders, beplanners, aanbieders en uitstallers vir vier uitstekende en interessante dae in Bredasdorp Park.

Hardus Botha

NAMPO groei van krag tot krag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Business in the Season of Giving

Business in the Season of Giving

Businesses across all sectors find themselves reflecting on a year of challenges, growth, and opportunity. 

Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

See All Articles