Going Backstage - Vir Vroue Alleenlik
Is jy ‘n vrou tussen 45 en 65 wat nog BAIE lewe en vonk in jou oor het, NIE gereed is om op te hou werk of groei nie, of net prakties toegerus wil wees om jou volgende lewensseisoen jou BESTE nog te maak!? Dan is hierdie Retreat vir jou!
Ervaar jy ‘n smeulende ontevredenheid met die wêreldse oortuigings dat menopouse die begin van die einde is? Wil jy glo dat daar nog ‘n lewe in oorvloed vir jou wag en dat jy NIE die vreugde daarvan wil misloop nie? Wil jy die ongemak van ‘n ouer lyf beter bestuur en menopouse-hickups en blues oorwin? Wil jy jou losmaak van die gevoel dat jy op auto-pilot is met ‘n emosionele tenk wat leeg voel? Voel jy rigtingloos en altyd aan die hol, sonder tyd vir wat regtig vir jou belangrik is? Het jy behoefte aan ‘n nuwe visie en stukrag vir jou lewe? Verlang jy na dieper verbintenisse en vriendskappe met vroue soos jy? Wil jy duidelikheid kry oor hoe om die EK-ONS-WERK-sfere van jou lewe suksesvol te integreer sonder om jou aspirasies en drome op te gee?
Dan is dit tyd vir jou om ‘n definitiewe ‘RATVERWISSELING’ te doen!
Spring in die spreekwoordelike PIENK CADILLAC en begin ‘n persoonlike, transformerende reis na ‘n lewe van sukses en vervulling!
Die Cadillac is dakloos, en sy enjin brul reeds! Moenie uitmis nie - Daar is plek vir slegs 8 - 12 vroue per retreat!
Die unieke PINK CADILLAC Coaching Retreat bied ‘n veilige en ontspannende ruimte waar vroue tussen 45 en 65 holisties hul tenks kan volmaak - liggaam, siel en gees.
Jy sal aktief en kundig afgerig, toegerus en geïnspireer word om ‘n vrou te wees wat bekwaam en bemagtig is om voluit en vreugdevol te leef - jou uitdagings, omstandighede en eie storie ten spyt!
As jy dink …
JA, EK IS GEREED - DIT IS TYD VIR ‘N SINVOLLE ‘TO ME FROM ME’!
#Ratverwisseling vir MyBesteLewe!
Die PIENK CADILLAC Retreat-raamwerk
KOM LOS UIT ‘TRU-RAT’ - Haal Uit en Herwin
• Hef op die gewig van verantwoordelikheid
• Laat gaan! en Laat Groei!
• Herwin jou identiteit en bevestig jou eiewaarde
MOENIE VASHAAK IN ‘NEUTRAAL’ NIE! - Herlaai en Hernu
• Verkwik en versterk jou liggaam
• Steek weer die vuur van passie en doelgerigtheid vir jou lewe en werk aan
• Fokus op herlewing en opbouing van verhoudings
‘VORENTOE’ IS DIE ENIGSTE RAT! - Haal Oor en Hou Koers
• Karteer ‘n persoonlike groeiplan vir jou beste lewe
• Trek jou nuwe kleed van gevestigde identiteit en doelgerigte optrede aan
• Skakel oor na eerste rat en versnel die reis na sukses en sinvolle bestaan!
RETREAT BONUSSE
• 3 x NBI© (Neethling Brain Instrument) profiele en insigte wat jou unieke heelbrein-denkvoorkeure, verhoudingstyl en ingewortelde eetgewoontes dek.
• Tania Smit (skrywer van #Hekelwoorde) as spesiale gasspreker.
• Hoofsprekers en diensverskaffers vir holistiese groei en ‘pamper’ (liggaam, siel, gees).
• 3 x post-Retreat groep coaching sessies aanlyn.
Datums en plekke waaruit jy kan kies:
• 22 Mei tot 25 Mei - Berluda Gasteplaas, Oudtshoorn
• 29 Mei tot 1 Junie - ArendsRus Gasteplaas, George (Sold Out)
Registreer vandag jou belangstelling - slegs 8 tot 12 plekke beskikbaar!
HOE/WAT:
Registreer hier vir ‘n 3-dag COACHING RETREAT vir vroue tussen 45 en 65 wat die HITTE van die middeljare wil LAWE en KOOK vir hul beste lewe nog!
WANNEER/WAAR:
• Opsie 1: 22 Mei tot 25 Mei - Oudtshoorn
• Opsie 2: 29 Mei tot 1 Junie - George
HOEKOM:
Die Retreat-kurrikulum word besit deur Pennydrop Training Solution en is deel van die EVA - Diva Detected! reeks slegs vir vroue.
EVA staan vir ‘Ek. Vrou. Aanwesig.’ Want hier is die ding - ons as vroue is die “Emosiebestuurders” van die lewe, nie waar nie?!
Ons tref ons middeljare, en skielik word ons gekonfronteer met ons innerlike vrou wat vra: ‘Is dit nou dit?’
Die EVA-reeks is geskep om jou te help standpunt inneem en sê:
STOP!
Hierdie opoffer van alles-in-die-naam-van-jou-loopbaan of status, om ander se drome en lewens te steun ten koste van jou eie sielsverkwikking en persoonlike groei.
Hierdie 3-dag wegbreek gaan jou liggaam, siel en gees verkwik. Dit gaan jou versterk met praktiese riglyne en vaardighede om sukses en betekenis in jou professionele sowel as persoonlike lewe te ervaar!
Registreer jou inligting hier sodat ons met jou in verbinding kan tree, jou vrae kan beantwoord en verdere besonderhede kan deurgee.
Voordat jy skuldig voel omdat jy dit vir jouself wil doen…
Onthou: Jy kan net die beste weergawe van jouself wees wanneer jou eie tenk vol is!
Kom vul jou KOP, HART en GEES op hierdie Retreat - sodat jou HANDE EN VOETE gerig kan wees vir ‘n standvastige lewe wat jou die beste opbrengs op ‘n persoonlike belegging sal lewer!
Die Retreat Span:
Susan (Sue) Bezuidenhout
(Pennydrop Training Solution)
Tania Smit (skrywer van #Hekelwoorde)
Rita Conradie (Fisioterapeut en vrouegesondheid-spesialis)
Hierdie retreat is vir jou - moenie hierdie transformerende geleentheid misloop nie!