Skokmoord van oud-skoolhoof

Skokmoord van oud-skoolhoof

Gans-Berg Nuus / News

Skokmoord van oud-skoolhoof

Bredasdorp se gemeenskap is geskok met die nuus dat mnr Sammy Cloete (82) vermoor is. Die oorledene is op Saterdag, 12 Julie 2025, omstreeks 15:45, in sy woning, Jakarandalaan in Bredasdorp, aangeval en met 'n mes gesteek. Hy het een steekwond aan die linkerkant van sy nek gehad. Sammy was 'n oud-skoolhoof van Albert Myburgh Skool in Bredasdorp. 

“'n Klagte is ontvang dat die slagoffer by sy woning gekry is en dit het voorgekom asof hy met 'n mes of 'n skerp voorwerp gesteek is,” het Bredasdorp SAPD se Bevelvoerder, Lt.Kol Anneke Durand, aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Met die aankoms van SAPD-lede by die moordtoneel, was die slagoffer reeds dood en daar was geen tekens van geforseerde toegang nie.” Twee tieners, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, is reeds in verband met die moord gearresteer. Die twee het Maandag, 14 Julie 2025 in die Bredasdorp-landdroshof verskyn. 

Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag se provinsiale woordvoerder, het bevestig dat die twee verdagtes van moord, huisbraak en die diefstal van 'n voertuig aangekla is. “Die saak is aangeskuif tot Dinsdag, 15 Julie 2025 om 'n plek van veiligheid vir die 16-jarige te vind. Hy en sy medebeskuldige, sal in aanhouding bly en indien hulle besluit om vir borgtog aansoek te doen, sal die Staat dit teenstaan,” het Ntabazalila voorts gesê. 

“Misdaad is nie net 'n polisiërings-kwessie nie, dit raak ons almal,” het Lt.Kol Durand gesê. “As gemeenskap moet ons staamstaan, mekaar ondersteun en aktief betrokke by oplossings wees.” Sy het bygevoeg dat verdagte aktiwiteite onmiddelik by die SAPD aangemeld moet word. Sy het dit ook beklemtoon dat die gemeenskap by Buurtwagte of Straatkommitees moet aansluit om te help vir groter sigbaarheid en om samewerking te bevorder. “Bredasdorp is 'n gemeenskap met krag en potensiaal, kom ons benut dit,” het Lt.Kol Durand die onderhoud afgesluit.

Enige persoon met bykomende inligting kan Bredasdorp se SAPD by 028 425 5410 skakel, of skakel 082 488 5103.

Hardus Botha

Skokmoord van oud-skoolhoof

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Spoil Yourself or Someone Special at JOY

Spoil Yourself or Someone Special at JOY

Looking for the perfect gift? At JOY, you’ll find something for everyone!

JOY
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour.

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

See All Articles