Home › Cape Agulhas › Bredasdorp › Blog › General
Blog

Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Gans-Berg Nuus / News

Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Om na koorsang te luister, is op sigself ‘n belewenis, maar om na 10 kerkkore se koorsang te luister, is veel meer as net ‘n belewenis - soveel te meer wanneer hulle as ‘n masa-koor optree! Die VGK Ring Kore Fees is op 8 Oktober 2023 in Gansbaai Academia se saal aangebied.

Ds Dirk van Dyk, ‘n Gansbaai-leraar, was die Program-direkteur vir die besonderse geleentheid en het die verwelkoming hanteer. Ds Haupt, voorsitter van die VGK Ring van Caledon, het die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen. Daarna is sermoniële kerse vir Lief en Leed aangesteek - onderskeidelik deur die gemeentes van Caledon, Bredasdorp en Tesselaarsdal.

Die eerste item op die program was al 10 kore en gaskunstenaars wat, as ‘n massakoor, opgetree het met die luisterryke sing van die VGK Lied. Die gaskunstenaars-koor vir die geleentheid was die welbekende NGK Kerkkoor van Gansbaai.

Daarna het die 10 VGK-kore aan die beurt gekom - met 2 liedere wat deur elke koor gesing is. Hulle is (alfabeties): Bredasdorp olv ds Arne Leuvennink; Caledon olv Deon Booysen; Gansbaai olv Peter le Roux; Grabouw olv Neville Coert; Hawston olv Dora Lucas; Kleinmond olv Janine Floris; Riviersonderend olv Erica Armstrong; Streekkoor VGK Ring van Caledon olv Deon Booysen; Tesselaarsdal olv A Small; Villiersdorp olv Deon Booysen.

Hierdie puik koorsang is afgewissel met spontane samesang, asook optredes deur die volgende gaskunstenaars: Inspirational Male Choir (Gansbaai), Silver Bells Male Choir - orkes (Hawston) en Gansbaai Academia se bekende Marimba Orkes.

Die uitstekende en suksesvolle Ring Kore Fees 2023 is met die sing van die Volkslied, Nkosi Sikelel’iAfrika afgesluit, waarna verversings bedien is - baie geluk aan die VGK Ring van Caledon en helpers vir die aanbied van ‘n suksesvolle en luisterryke Kore Fees.

 
Hardus Botha
Ring Kore Fees 2023 - VGK Ring van Caledon

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

When Anger Becomes a Habit

When Anger Becomes a Habit

Many people believe their anger simply “happens”.

Newsletter #4 Now Available - March 2026

Newsletter #4 Now Available - March 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #4 is out now!

Objectives and Achievements (2018-Present)

Objectives and Achievements (2018-Present)

The Overberg Geoscientists Group (OGG) continues to promote the importance of geology as a foundation...

The Voice That Shapes Our Anger

The Voice That Shapes Our Anger

What if the enemy you are fighting is not outside of you?

Functional Fitness Classes in Bredasdorp

Functional Fitness Classes in Bredasdorp

If getting active is on your to-do list, Iron Heart Functional Fitness has great options!

See All Articles