Veiligheidsgesprek: Vuur Driehoek
Kom ons gesels oor wat ‘n vuur veroorsaak en wat ons kan doen om dit te voorkom. Die elemente van ‘n vuur kan vergelyk word met ‘n driehoek. Die drie punte wat nodig is om ‘n driehoek te vorm is, is die oorsaak van ‘n brand. Dit sluit in; hitte, lug en brandstof. As daar een van hierdie elemente ontbreek, kan ‘n vuur nie ontstaan nie.
HITTE
Hitte kan bestaan uit verskeie bronne. Dit kan gegenereer word deur vonke van sweisbedrywighede, sigaretstompies, elektriese kortsluiting, stukkende bedrading, wrywing van elektriese gereedskap of warm uitlaatpype.
BRANDSTOF
Brandstof sluit in; vloestof, soos petrol, oplosmiddels of soliede vorms soos papier, hout en selfs gas.
LUG
Lug is die derde element van die vuur driehoek en bevat stuurstof wat nodig is om ‘n vuur te onderhou. Lug is gewoontlik teenwoordig. Soms is ons gelukkig as daar nie genoeg lug is om ‘n brand aan die gang te hou nie.
ELIMINEER DIE DRIEHOEK
Kom ons gesels oor wat ons kan doen om te verhoed dat ‘n vuur plaasvind. Onthou, as jy enige van hierdie elemente verwyder, sal dit nie nodig wees om ‘n vuur te moet blus nie. Jy kan help om brande te voorkom deur die volgende toe te pas:
- Die handhawing van ‘n netjiese en skoon werksarea (geen opeenhoping van rommel).
- Om olie of verfwerk lappe in metaal houers te plaas.
- Hou asb by ‘Geen Rook’ tekens.
- Hou alle brandbare materiaal weg van oonde of ander bronne wat brande kan veroorsaak.
- Enige brandgevare moet jy rapporteer, as jy dit nie kan uitskakel nie. Soos elektriese gevare.
- Reel koue weer verwarmingstoestelle.
WEET WAT DIE ELEMENTE IS
As jy weet wat die elemente van ‘n brand is, is dit maklik om brande te beheer of te voorkom. Onthou die elemente is; hitte, lug en brandstof. Wanneer jy hierdie elemente teenwoordig vind, moet jy versigting optree – dit kan die oorsaak van ‘n brand wees.