Vleilande wat ten alle koste bewaar moet word

Vleilande wat ten alle koste bewaar moet word

Suidernuus / Southern Post

Vleilande wat ten alle koste bewaar moet word

Die vleilande in die omgewing van die Nuwejaarsrivier, wat deel uitmaak van wat algemeen bekend staan as die Nuwejaars Wetlands Special Management Area (NWSMA) is onvervangbaar en moet derhalwe ten alle koste bewaar word. Hierdie uitspraak is gemaak nadat 'n kolonie krities bedreigde mikro paddatjies heel toevallig in 'n weggesteekte vleiland in hierdie gebied ontdek is. Die nuus aangaande die ontdekking van die kolonie is met groot opgewondenheid deur navorsers en deskundiges op hierdie terrein ontvang.

Dr Jeanne Tarrant van die Endangered Wildlife Trust het kort nadat die nuus aangaande die ontdekking bekend gemaak is, hierdie pleidooi gelewer. Sy het daarop gewys dat hierdie vleilandgebied, afgesien van die talle bedreigde diere, paddas, voëls en insekte, ook die tuiste is van bedreigde en krities bedreigde fynbos wat endemies aan die gebied is.

Rehabilitasie-projek werp vrugte af

Die NWSMA, 'n inisiatief wat gedryf word deur lede van die plaaslike boeregemeenskap en deur lede van die gemeenskap van Elim, beslaan 47 000 hektaar wat grens aan die mees suidelike punt van Afrika. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits Instituut, is hierdie vleilandgebied onvervangbaar. Die blote feit dat kolonies kritiese bedreigde paddas - wat reeds uitgesterf het in ander sogenaamde “historiese” areas waar hulle vantevore talryk was - hulleself hier kom vestig het, dien as 'n bewys dat die betrokke vleiland area ten volle herstel het. Werk vir Vleilande spanne het met die jare die vleilande in die omgewing stelselmatig herstel en gerehabiliteer. Diersoorte wat eens op 'n tyd, voordat troppe en troppe wild afgemaai is deur jagters en plaaslike inwoners, is ook weer hierheen gebring en hier hervestig.

'n Waterverwante dilemma

Die Vleilande is weer vleilande soos van ouds, maar waar daar in die ou dae nie juis mense was wat gereeld per motor moes rondbeweeg nie, woon en kuier daar nou wel mense wat na skole, winkels en werks- en kuierplekke toe moet ry. Goeie en deurdringende reën wat sedert die begin van die jaar reeds in die gebied geval het, het versadigde watertafels tot gevolg. Waar damme water, wat vantevore ook in driffies op die sandpaaie in die omgewing van Soutbos, Bosheuwel, Brandfontein en Springfield opgedam het na oorstromings, het die water volgens gevestigde inwoners na 'n week of wat opgedroog. Dit gebeur egter nie op die oomblik nie en stem, so wil dit voorkom, almal wat van die paaie gebruik moet maak, ongelukkig.

Image 1
Image 2

Ora Laubscher

Vleilande wat ten alle koste bewaar moet word

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Happy World Television Day!

Happy World Television Day!

Celebrating the TV!

Orca Technologies
Western Cape Tourism Challenges Survey for Overberg Stakeholders

Western Cape Tourism Challenges Survey for Overberg Stakeholders

The Western Cape Department of Economic Development and Tourism has embarked on a journey to uncover tourism challenges...

Breakdown Tyre Service

Breakdown Tyre Service

Stranded with a flat tyre? We’ve got you covered!

Cemcrete at Wilkoo Marketing Paint Distributors

Cemcrete at Wilkoo Marketing Paint Distributors

Cheers to the spaces where memories are made!

Anger Management Starts with Healing Your Hidden Pain

Anger Management Starts with Healing Your Hidden Pain

If you truly want to be free of the control of your anger, you must heal the pain that feeds the anger.

Prominent Paints SA for Interiors

Prominent Paints SA for Interiors

Refresh your walls this summer with Prominent Paints!

See All Articles