Blog

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

Gans-Berg Nuus / News

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

“Hulle noem my die ‘Asma-mannetjie’ as gevolg van my asmaprobleme,” vertel Willie Theunissen (57), ‘n afgetredene van Blompark. Hy mag miskien as die ‘Asma-mannetjie’ bekendstaan, maar ‘n beter voorbeeld vir ander mense is daar nie. Oorkant Willie se woning in Leeubekkiestraat 89, Blompark is munisipale gronde waarvan gemeenskapslede ‘n ‘stortingsterrein’ gemaak het. Die munisipaliteit het kom skoonmaak, maar kort daarna was dit weer dieselfde. “Ek het besluit om iets aan die onooglikheid te doen en het ‘n bord, wat die storting van vullis verbied, daar opgerig en besluit om ‘n struik- en blomtuin daar te vestig.” Hy is na Gansbaai Stortingsterrein waar hy ‘flenter’ struike en plante, wat weggegooi is, opgetel het en na sy huis geneem het. Daarna het verskeie besoeke aan die stortingsterrein gevolg. Die weggooi-plantjies is in potjies geplant en het begin groei, of soos Willie sê: “Dit is ‘lewendig’ gemaak en ek het dit in die tuin geplant - wat vandag ‘n gevestigde sieraad vir die oog is.” Die naam van Willie se tuin is ‘Leeubekkiestraat se Gemeenskapstuin’. Dit is ironies dat Willie destyds aangekla is oor die tuin wat hy op munisipale grond gevestig het. Kat Myburgh, voormalige Areabestuurder, moes besoek aflê om te sien waaroor die klagte gaan. “Ek is só dankbaar dat mnr Myburgh gesê het as almal maar net wil doen wat ek doen, sal hy baie dankbaar wees,” vertel Willie met ‘n glimlag.

Skole, kerke, organisasies en mense wat troues en begrafnisse reël, kom pluk gereeld blomme in die tuin wanneer dit beskikbaar is - “alles gratis, aangesien ek alles gratis by die stortingsterrein kry.” In sy huis is pragtige potplante wat ‘optelgoed’ was wat hy geplant het. “Ek het ‘groen vingers’, net soos my oorlede pa, dit maak nie saak hoe stukkies plante lyk nie, as ek dit geplant het, groei dit.” “Dit is pragtig om so baie gemeenskapsdinge op byvoorbeeld Mandeladag te doen, maar wat van die res van die jaar? Dan doen ek eerder bietjie vir bietjie elke dag om ons omgewing beter te laat lyk,” het Willie gesê. “Ek lees iewers in die Bybelboek, Spreuke, dat mens nie net een dag moet goed doen nie, maar elke dag.” Willie het ook ‘n geheuestokkie met geestelike musiek wat hy Sondae in die kerk sing. Die naam van Willie se vrou is Rosie (nogal ‘n gepaste naam saam met sy tuinliefde!) en hulle het ‘n seun en ‘n dogter. “Wanneer mense hul tuine skoonmaak en uitdun, moet dit nie weggooi nie - bring dit vir my by Leeubekkiestraat 89, ek sal dit gebruik.” Willie se selnommer is 063 159 3464.

Hardus Botha

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Napier
Read More

Other Articles

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

14 Days to Christmas: Safe Word

14 Days to Christmas: Safe Word

There comes a moment, or a few moments, when we are with family, that we want to run and hide. 

16 Days to Christmas: Gifts

16 Days to Christmas: Gifts

Plan, shop, wrap, share, connect - this Christmas time.

15 Days to Christmas: Movie Night and Bigger Picture of Boundaries

15 Days to Christmas: Movie Night and Bigger Picture of Boundaries

Draw your movie, meal, and snack, and enjoy the time with your family.

Tourism, Heritage, and Small Business

Tourism, Heritage, and Small Business

At the Southernmost Tip of Africa, where two oceans meet and the winds carry the stories of centuries...

See All Articles