Blog

Top Eiendoms Agente vir Wes Kaap Chas Everitt

Top Eiendoms Agente vir Wes Kaap Chas Everitt

Chas Everitt Cape Agulhas

Top Eiendoms Agente vir Wes Kaap Chas Everitt

Chas Everitt Kaap Agulhas is onder die Top 10 vir Agente Kommissie, Agente Eenhede, Kantoor Kommissie en Kantoor Eenhede, vir die periode Julie tot September 2019 in die Wes Kaap.

 
Maar wat maak ‘n Top Eiendoms Agent?

Vir die Chas Everitt Kaap Agulhas span is kliënte die heel belangrikste. Dit is dan ook geen wonder dat 50% van hul verkope kliënte is wat reeds op hul boeke is, en keer op keer terugkeer en hul vertrou met al hul eiendoms transaksies. Strepies is al vir amper drie dekades in die eiendoms bedryf en het geleer dat kliëntebehoud een van die grootste geheime is vir sukses.

Spanwerk bevorder beter produktiwiteit en effektiwiteit. Ons werk almal uitstekend saam as span, ons het dieselfde doelwitte, en dit beteken dat take vinniger afgehandel word met meer doeltreffendheid. Ons administratiewe span lewer uitstaande werk en elke dag verloop soos 'n fyn geoliede masjien! Ons is veral baie trots op ons Napier agent, Vicky Butler, wat onlangs ten volle gekwalifiseer is as 'n eiendomskonsultant en ook onder die Top 10 agente was vir September maand.

Chas Everitt Kaap Agulhas verkoop eiendomme op Struisbaai, Agulhas, Suiderstrand, Bredasdorp, Napier, Arniston asook omliggende plase. In Maart 2019 het hul oorgeskuif na die Chas Everitt Internasionale Groep. Dit was ‘n groot sprong om te neem, een waaroor hul glad nie spyt is nie.

“Die Chas Everitt groep het dit moontlik gemaak dat ons as span ons bestaande vaardighede na ‘n nuwe vlak van dienslewering kon bring en daardeur nog meer vir ons kliënte kan bied. Chas Everitt Internasionaal is ‘n dinamiese groep mense met familie waardes en hul voorsien ongelooflike ondersteuning.” Strepies van Wyk

Dit is vir ons as span by Chas Everitt Kaap Agulhas belangrik om kliënt gefokus te wees. Dit is ons passie om vir ons kliënte die beste transaksie te beding en om die perfekte huis vir kopers te vind. Dit is in ons grein om altyd die ekstra myl te loop vir ons kliënte en baie belangrik om die etiese kodes van die eiendoms bedryf te volg. Ons raai ook ons kliënte aan om eerder ‘n ekslusiewe mandaat te neem, dit maak die agent 100% verantwoordelik vir die bemarking van daardie eiendom, en plaas die agent in volle diens van die verkoper. Vir ons gaan dit oor baie meer as net die verkoops transaksie - die verhouding met die kliënt, spoedige dienslewering, die beste advies sonder onnodige risikos. Ons is trots daarop om onder die Top 10 kantore en agente te val, en diep dankbaar vir elke kliënt se ondersteuning.

Kom praat gerus met ons indien jy eiendom wil verkoop of koop. Ons is leiers in die Eiendoms mark en jou vennoot in eiendom wat jy kan vertrou.

Top Eiendoms Agente vir Wes Kaap Chas Everitt

Chas Everitt Cape Agulhas

Chas Everitt Cape Agulhas is a long-standing real estate agency in Struisbaai, and a member of Leading Real Estate Companies of the World®, a global property network. Whether buying or selling a residential, commercial or agricultural property in Bredasdorp, Struisbaai, Arniston, Agulhas and Suider...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Napier
Read More

Other Articles

De Hoop Mini Ranger Family Winter Holiday 2026

De Hoop Mini Ranger Family Winter Holiday 2026

We invite families to join us this July school holiday for a special Mini Ranger experience.

De Hoop Collection
Finding Safety in Your Own Body

Finding Safety in Your Own Body

Our bodies are the container within which we live.

Winter School Holidays at De Hoop

Winter School Holidays at De Hoop

With our Winter Special*, you can enjoy a stay in the De Hoop Village Cottages for 40% OFF. 

De Hoop Collection
Surviving the Narcissist

Surviving the Narcissist

There comes a moment after leaving a narcissistically abusive relationship when you realise something unexpected.

Why Your Nervous System Still Feels on Edge After Narcissistic Abuse

Why Your Nervous System Still Feels on Edge After Narcissistic Abuse

Leaving a narcissistic abusive relationship often brings a moment where people say to you, “At least the worst is over.”

Introducing Our New Marble-Style Coffins

Introducing Our New Marble-Style Coffins

At NJR Du Plessis Begrafnisdienste, we are always looking for ways to offer families dignified and beautiful options...

See All Articles