Blog

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Gans-Berg Nuus / News

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Sylvie Agenbach van Franskraal vertel dat die tyd so verbyvlieg, dat sy self nie kan glo dat sy nou ‘n ‘80-jarige’ vrou is nie! Sylvie, wat nog op-en-wakker is, het haar 80ste lewensmylpaal op Donderdag, 16 Mei 2024 bereik. Sy het familie-lede en vriende op Saterdag, 18 Mei 2024 met ‘n gesellige braaivleis en smaaklike bykosse en nagereg in die Birkenhead Boothengelklub se saal onthaal. Haar broer, Joe Smit het vir uitmuntende kitaarmusiek en sang gesorg - dié man mag maar kitaar speel en sing, wat hy ook gereeld tydens bootklubfunksies doen. Lesers sal van baie berigte in die verlede onthou oor Sylvie en haar Klopse Dansertjies wat gereeld by spesiale geleenthede opgetree het - altyd getooi in die fraaiste kleredrag, veral jaarliks met die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies. Dan was sy ook betrokke by teateroptredes, opvoerings en die Fees van die Ganse se Fynbosskou. Die kunstige Sylvie is ook ‘n lid van die SAPD Bond vir Afgetrede SAPD-lede se komitee. Voorheen het sy ook sertifikate vir Noodhulpen Brandweer verwerf. Sylvie het twee dogters, Zurane in Ierland en Deidré in Somerset-Wes en sy spog met 4 kleinkinders - almal Ouma se oogappels! Sylvie kom uit ‘n gesin met, glo dit of nie, 16 kinders. Hulle het almal tussen Bredasdorp, Hermanus en Kleinmond grootgeword. 5 van die 16 kinders is reeds oorlede, met 9 (Sylvie ingesluit) van die oorlewendes wat almal tydens haar verjaarsdagvieringe teenwoordig was - dit wil gedoen wees! Slegs twee broers, Danie van Pringle Bay en William van Pretoria kon die teenwoordig wees nie. (Sien inlasfotos op groepfoto). Nou-ja, Sylvie, die jare staan nie stil nie, nê?! - ‘n Geseënde en gesonde nuwe lewensjaar word jou toegewens!

Hardus Botha

Van 16 kinders - Oudste van 11 Oorlewendes nou 80

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

You Are the Fulcrum of Your Business

You Are the Fulcrum of Your Business

Your business is only as strong as the belief you have in yourself. 

Gans-Berg Newspaper - 7 March 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 March 2025 Edition

This issue covers important community news.

Gans-Berg Nuus / News
Is Anger Running Your Life?

Is Anger Running Your Life?

Anger might have once been your defense mechanism, a way to protect yourself or assert control.

As-Built and Rider Plans for Homes | RCB Architecture Services

As-Built and Rider Plans for Homes | RCB Architecture Services

At RCB Architecture, we design new homes that fit our clients' needs. 

RCB Architecture
Smart Pepper Spray Security for Vehicles and Assets

Smart Pepper Spray Security for Vehicles and Assets

Digit D-Pepper is security system that uses pepper spray to protect assets and people.

Digit Overstrand
Overcome Anger: Transform with Coaching for Calm and Confidence

Overcome Anger: Transform with Coaching for Calm and Confidence

Anger is one of the most destructive forces we possess as humans.

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai