Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Zoetendal Akademie / Academy

Image

Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Drome word waar!

Zoetendal Akademie se jarelange droom om hul eie sportgronde te besit, is besig om vandag 'n werklikheid te word. Die Kaap Agulhas Munisipaliteit het grondvoorbereiding goedgekeur en die werk het reeds begin.

Ons is werklikwaar opgewonde oor hierdie geskiedkundige oomblik en positiewe stap in die skool se groeiproses! Ons beskou die skool as ‘n integrale deel van ons gemeenskap, en ons hartsbegeerte is om die plaaslike kinders die beste moontlike geleenthede te gee om hulself te ontwikkel.

Die ontwikkeling van die sportgronde is ‘n uiters noodsaaklike stap in daardie rigting en sal help om ons drome vir ons kinders en ons gemeenskap waar te maak.

Fase een van die plan is om eers die perseel skoon en gelyk te maak om ‘n atletiekbaan en rugbyveld te vestig. As die fondse beskikbaar is, wil ons graag ‘n mooi estetiese heining rondom die sportgronde oprig sonder om toegang vir die gemeenskap na die gronde te versper.

Geen melkhoutbome sal verwyder word nie; slegs bome wat die atletiekveld versper, sal verwyder word. Die skool beplan ook ‘n aanplantingsprogram om bome op strategiese plekke te vervang sodra die projek afgehandel is.

Ons glo die plaaslike gemeenskap, sowel as die wyer gemeenskap, gaan baie baat vind by hierdie ontwikkeling aangesien dit toeganklik sal wees vir almal vir rekreasiedoeleindes en ook vir die skool om sportgeleenthede aan te bied.

Meer inligting oor die beplande ontwikkeling van die sportgronde sal beskikbaar wees by die skool en u is welkom om kontak te maak met die skoolhoof, Andre Cruywagen, by die skool, tel. 083 657 6177 of per e-pos by kulucruywagen@gmail.com.

Francois Viljoen is die lid van die Skoolbeheerliggaam wat die tegniese aspekte van die projek bestuur, en u kan hom ook by die skool kontak.

Ons vra die gemeenskap van Agulhas en Struisbaai om asseblief in te koop by hierdie droom en 'n positiewe bydrae te maak tot ons kinders se toekoms en drome.

SBL Zoetendal Akademie

Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News
21 Days to Christmas - Travel Time

21 Days to Christmas - Travel Time

No matter if you fly or drive to your holiday destination, put some thought into the travel time. 

22 Days to Christmas

22 Days to Christmas

Let everyone write down the movies they would like to watch. 

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai