Jong Redenaars Beïndruk Tydens Derde Streeks Redenaarskompetisie

Jong Redenaars Beïndruk Tydens Derde Streeks Redenaarskompetisie

Suidernuus / Southern Post

Jong Redenaars Beïndruk Tydens Derde Streeks Redenaarskompetisie

“It is not about winning or losing, it is about grabbing opportunities presented to you..." (Drostdy Museum Manager's welcoming message to particith pants on Friday October 29.) Op Vrydag, 29 Oktober is die derde streeks redenaarskompetisie wat onder die vaandel van die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport aangebied is, op die terrein van die Drostdy Museum in Swellendam aangebied. Die Drostdy Museum span, onder leiding van museumbestuurder Francois Fouché, het by hierdie geleentheid as gasheer opgetree vir die gaste en deelnemers wat verskeie museums in die Overberg Distrik verteenwoordig het. 

Die heel eerste streeks redenaarskompetisie wat as deel van die Wes-Kaapse Museumdienste Departement se opvoedkundige programme in die Overberg Streek aangebied is, is in 2018 met die Caledon Museum as die gasheer museum, op Caledon aangebied. In 2019 het die span van die Genadendal Sending Museum onder leiding van Me Judith Balie aan die beurt gekom. Te danke aan die inperkings wat die volgende jaar as gevolg van COVID-19 in plek was, kon geen kompetisie in 2020 aangebied word nie. Dit was dus 'n baie opge w onde span Swellendammers wat besoekende spanne leerders, hulle opvoeders, die beoordelaars en die personeelspanne van die onderskeie deelnemende museums Vrydag op Swellendam welkom geheet het.

 
Wie nie waag nie sal nie wen nie 

In sy verwelkomingsboodskap, het Mnr Fouché verduidelik waarom hy die jong deelnemers heel bo aan sy lysie van gaste, wat verwelkom moet word, geplaas het. Hy het dit benadruk dat die geheim van ”sukses” juis lê in die aangryp van geleenthede wat op jou lewenspad kom. Hy het die deelnemers gelukgewens met hulle waagmoed en met hulle besluit om deel te neem. Hy het dit ten slotte ook benadruk dat die vermoë om jouself in die openbaar - hetsy voor 'n groter gehoor of tydens 'n onderhoud - uit te druk, deesdae 'n noodsaaklike vaardigheid is. Kompetisies soos hierdie een bied aan leerders die geleentheid om onder toesig van hulle opvoeders of mentors hierdie vaardigheid aan te leer en te ontwikkel. Fouché het die jongspan ten slotte ook aangemoedig om hulleself by wyse van vergelyking te evalueer en langs hierdie weg ook van mekaar te leer. 

 
Standaard van deelnemers se aanbiedings beïndruk

In die kommentaar wat die beoordelaars aan die einde van die kompetisie deurgegee het, is daar in die besonder melding gemaak van die besondere hoë standaard wat deelnemers gehandhaaf het. Internasionale Museumdag word jaarliks wêreldwyd gedurende Meimaand herdenk. Die temas van die leerders se bydraes het geraak aan en gesentreer rondom die 2021 Museumdag tema: “The Future of Museums: Recover and Reimagine” 

Daar is van deelnemers verwag om op hulle eie navorsing te doen oor hierdie onderwerp, daar is egter ook van hulle verwag om die gedagtes te laat gaan en om met opwindende voorstelle en gedagtes na vore te kom oor “hoe” museums, na meer as 'n jaar van inperkings, geregenereer sou kon word. Dat hierdie span deelnemers die rol wat museums speel in die bewaring en ontsluiting van “erfenis” speel raaksien en na waarde skat, het ook duidelik geblyk uit die onderskeie aanbiedings.

Image 1
The judges had a hard time deciding which participants should be
singled out as “winners”. The mere fact that they all grabbed the
opportunity to take part, singled them out as “winners”. 
Image 2
The members of staff and assistants representative of the four
museums and towns represented who were instrumental in
organising and presenting the third regional speech debate
competition on Friday. Fifth from right, Francois Fouché who
welcomed all present in his capacity as the manager of the host
museum, the Drostdy Museum. In his welcoming speech Fouché
congratulated the participants on the choice they made in grabbing
the opportunity offered to them to participate and to develop their
communication skills as confident public speakers.
Image 1
The Bredasdorp team from Cape Agulhas had three learners aboard,
one from the Albert Myburgh Senior Secondary School and two from
Bredasdorp High School. From left to right: Mr Johnnie Jonas from
VRT Pitt Primary in Swellendam, one of the competition judges, Mr
Canham, Deputy Principal Albert Myburgh SSS, Mnr Tiaan
Bredasdorp High School, Duane Farao from the Albert Myburgh
Senior Secondary School, Anicia Jacobs from Bredasdorp High
School, Ms Odette Weir, Museum Manager and Regional Chair, Alicia
Coetzee Bredasdorp High School and Ms Sophia Lewis from the
Bredasdorp Shipwreck Museum.
Image 2
The 2021 Competition winners from left to right with Ms Odette Weir
Bredasdorp Shipwreck Museum Manager and Regional Chair: Third
position Eashmaele Makamole from the Swartberg Secondary
School in Caledon, in third place Alicia Coetzee from the Bredasdorp
High School and in first place, Renico from the Swellendam
Secondary School. The learners represented the museums based in
their respective hometowns.
 
Ora Laubscher
Jong Redenaars Beïndruk Tydens Derde Streeks Redenaarskompetisie

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Successful Wall Transformation with Wilkoo Products

Successful Wall Transformation with Wilkoo Products

We’re excited to share a recent project by Superb Home Maintenance, where they used Wilkoo products to tackle a challenging exterior wall. 

Introducing Prominent Neuklad Range

Introducing Prominent Neuklad Range

Use Prominent Neuklad in conjunction with Prominent Neuklad Range Alkali-Resistant Sealer to ensure long-lasting protection.

Home Remodeling and Extensions in Cape Agulhas

Home Remodeling and Extensions in Cape Agulhas

Looking to remodel your home? Unger Carpentry is here to help!

Unger Carpentry
Tips for a Flawless Paint Job

Tips for a Flawless Paint Job

To ensure a lasting and beautiful finish, begin with a clean and solid base. 

Find Inner Peace: Overcome Limiting Beliefs for a Focused Mind

Find Inner Peace: Overcome Limiting Beliefs for a Focused Mind

The peace you are searching for must be discovered within.

Introducing the Prominent Neuklad Range

Introducing the Prominent Neuklad Range

Discover the pinnacle of exterior waterproofing paint excellence with the Prominent Neuklad Range. 

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai