Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

Zoetendal Akademie / Academy

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

'n Dankie uit die diepte van Zoetendal se hart.
image left

Jurie Els het in een van sy liedjies die vraag gevra: Hoe sê 'n mens dankie? Inderdaad! Hoe sê ons dankie vir die NSRI se selflose, groothartige ondersteuning van ons pragtige skool?

Zoetendal Akademie het na 'n uiters suksesvolle Kleuresport Driekampdag, ook oor hierdie vraag nagedink. Om aan die manne van die NSRI te bewys hoe dankbaar ons was dat hulle ons veilig gehou het in en om die water, was 'n uitdaging - maar vir die Zoeties, is geen taak onmoontlik nie.

Dis tóé dat ons besluit het om op Valentynsdag 2022, 'n muntlegging te hou waar elke leerder die geleentheid kon kry om 'n munt of 'n noot van dankbaarheid in die NSRI-hart te pak. 

Die Nasionale See Reddings Instituut is 'n vrywilliger reddingsorganisasie wat 24/7 aan diens is. Hul missie is om lewens te red in Suid-Afrikaanse waters. Hulle is egter meer as 'n reddingsorganisasie - hulle lei ook gemeenskappe op en streef daarna om deur innovering, voortdurend aan te pas en  waterveiligheidsinisiatiewe uit te brei deur bemagtiging en sigbaarheid. Die NSRI het so ook ons skoolgemeenskap ondersteun.

'n Klein gebaar van dank vir onbaatsugtige opoffering vir die veiligheid van ons kinders op hierdie dag van liefde.

Elanah S. Engelbrecht

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Flyer Printing Completed!

Flyer Printing Completed!

A big thank you to Little Greece Self Catering Accommodation in L'Agulhas for trusting MEC - Make Everyday Count Printing.

From Beach Rides to Marriage Proposals

From Beach Rides to Marriage Proposals

Forget the rest... check off your bucket-list adventure with Pearly Beach Horse Trails.

André Vorster Herdenkingstoernooi 2026 (“Vossiedag”)

André Vorster Herdenkingstoernooi 2026 (“Vossiedag”)

L’Agulhas Rolbalklub het die jaarlikse Vossiedag op 22 Julie 2026 gevier. André Voster “Vossie” soos hy alom bekend was.

L’Agulhas Bowls Club
Never Value Yourself by the Limitations Others Sell to You

Never Value Yourself by the Limitations Others Sell to You

One of the greatest dangers an entrepreneur - or anyone pursuing a meaningful life...

We Will Be Tomorrow What We Think Today

We Will Be Tomorrow What We Think Today

As entrepreneurs, we spend a great deal of time planning for tomorrow. 

An Entrepreneur's Greatest Investment Is Their Mind

An Entrepreneur's Greatest Investment Is Their Mind

This week we've explored a truth that every successful entrepreneur eventually discovers...

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai