Blog

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Zoetendal Akademie / Academy

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Foto: Beoordeelaars - Cameron Weyers, Richard Praat, Marquerite van Wyk

Die atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand. Hierdie jaar se tema, "Straat-kosse van die wêreld", het besoekers laat smul aan lekkernye van regoor die wêreld.

Met lande soos Mexiko, Indië, Thailand, Italië, Griekeland, Portugal en Spanje wat verteenwoordig is, het hierdie geurige aand ons smaakkliere verower. Kaartjies is uitverkoop en die saal stampvol. Gemeenskapslede en ouers het almal deelgeneem aan die veiling gedurende die aand en sodoende bewerkstellig dat ons 'n baie goeie fondsinsameling gehad het. Dit was beslis 'n suksesvolle geleentheid.

'n Geweldige atmosfeer het geheers terwyl die L'Agulhas en Struisbaai gemeenskap saamgekom het. Hierdie twee pragtige dorpe het weer bewys dat hulle 'n wonderlike gemeenskap is wat mekaar ondersteun. Ons is baie dankbaar vir hulle ondersteuning en entoesiasme.

'n Spesiale woord van dank gaan uit na al die mammas wat hard gewerk het om van die aand 'n sukses te maak. Hulle toewyding en passie is 'n inspirasie vir ons almal. Sonder hulle sou hierdie geleentheid nie moontlik gewees het nie. Ons wil dan ook baie geluk sê aan ons Graad 1 en Graad 3 groepe, wie se tema Mexico was. Hulle het weggestap as die aand se oorhoofse wenners!

Ons wil ook graag ons borge en gemeenskapslede bedank wat betrokke was by die Proe-Aand. Sonder hul vrygewigheid en bydraes sou hierdie fondsinsamelingsprojek nie 'n sukses kon wees nie. Ons waardeer die voortgesette ondersteuning en samewerking van ons gemeenskap.

Die Zoetendal Akademie Proe-Aand was nie net 'n heerlike fees vir die smaakkliere nie, maar ook 'n geleentheid waar ons gemeenskap kon saamkom en saam kuier. Dit is deur sulke geleenthede dat ons ware gees van samewerking en liefde vir ons gemeenskap kan vier.

Ons sien uit na die volgende opwindende projek en is dankbaar vir almal wat betrokke was. Saam maak ons 'n verskil in die lewens van ons leerders en in ons gemeenskap.

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Business in the Season of Giving

Business in the Season of Giving

Businesses across all sectors find themselves reflecting on a year of challenges, growth, and opportunity. 

Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai