Blog

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Deur die hele Suid-Afrikaanse Lugmag word daar jaarliks in Mei gedenkdiens gehou op al die basisse om diegene wat hul lewens gegee het in diens van ons land, te eer. Op Vrydag 17 Mei 2024 het ons Hoofseun Arthur Delport en Hoofdogter Shania Beetzke 'n krans gelê by die Overberg Lugmag Basis se gedenkdiens namens Zoetendal Akademie.

Die Overberg gedenkdiens is uniek omdat dit die enigste diens is wat by die monument gehou word. Hierdie monument is in 2019 opgerig. 

Die monument bestaan uit twee halfsirkelvormige mure wat 'n fontein en 'n gedenkmuur omsluit. Die name van lede van die Overberg Lugmag Basis wat gesterf het terwyl hulle in diens was, is op die gedenkmuur aangebring saam met die datum van hul afsterwe. Nie net uniformlede nie, maar ook burgerlike lede van die Overberg Lugmag Basis word hier erken. Aan die ander kant van die muur, wat na die agterste ingang van die gedenkterrein kyk, is daar 'n driedimensionele voorstelling van die basis-embleem; 'n rooibruin arend wat 'n sleutel in sy kloue hou. Bo-op die fontein is 'n lewensgrootte silhoeët van 'n saluerende lugmaglid.

Ons is trots op ons leerders Arthur Delport en Shania Beetzke wat vandag hierdie belangrike taak verrig het. Hulle het Zoetendal Akademie met waardigheid verteenwoordig en ons hulde gebring aan diegene wat hul lewens gegee het in diens van ons land.

Zoetendal Akademie Eer Die Gevallenes by Overberg Lugmag Basis

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

When Anger Becomes a Habit

When Anger Becomes a Habit

Many people believe their anger simply “happens”.

Newsletter #4 Now Available - March 2026

Newsletter #4 Now Available - March 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter #4 is out now!

Objectives and Achievements (2018-Present)

Objectives and Achievements (2018-Present)

The Overberg Geoscientists Group (OGG) continues to promote the importance of geology as a foundation...

The Voice That Shapes Our Anger

The Voice That Shapes Our Anger

What if the enemy you are fighting is not outside of you?

Something BIG is coming to House of Carpets!

Something BIG is coming to House of Carpets!

Mark your calendars, 8 - 11 April 2026! 

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai