Blog

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Zoetendal Akademie / Academy

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Foto: Beoordeelaars - Cameron Weyers, Richard Praat, Marquerite van Wyk

Die atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand. Hierdie jaar se tema, "Straat-kosse van die wêreld", het besoekers laat smul aan lekkernye van regoor die wêreld.

Met lande soos Mexiko, Indië, Thailand, Italië, Griekeland, Portugal en Spanje wat verteenwoordig is, het hierdie geurige aand ons smaakkliere verower. Kaartjies is uitverkoop en die saal stampvol. Gemeenskapslede en ouers het almal deelgeneem aan die veiling gedurende die aand en sodoende bewerkstellig dat ons 'n baie goeie fondsinsameling gehad het. Dit was beslis 'n suksesvolle geleentheid.

'n Geweldige atmosfeer het geheers terwyl die L'Agulhas en Struisbaai gemeenskap saamgekom het. Hierdie twee pragtige dorpe het weer bewys dat hulle 'n wonderlike gemeenskap is wat mekaar ondersteun. Ons is baie dankbaar vir hulle ondersteuning en entoesiasme.

'n Spesiale woord van dank gaan uit na al die mammas wat hard gewerk het om van die aand 'n sukses te maak. Hulle toewyding en passie is 'n inspirasie vir ons almal. Sonder hulle sou hierdie geleentheid nie moontlik gewees het nie. Ons wil dan ook baie geluk sê aan ons Graad 1 en Graad 3 groepe, wie se tema Mexico was. Hulle het weggestap as die aand se oorhoofse wenners!

Ons wil ook graag ons borge en gemeenskapslede bedank wat betrokke was by die Proe-Aand. Sonder hul vrygewigheid en bydraes sou hierdie fondsinsamelingsprojek nie 'n sukses kon wees nie. Ons waardeer die voortgesette ondersteuning en samewerking van ons gemeenskap.

Die Zoetendal Akademie Proe-Aand was nie net 'n heerlike fees vir die smaakkliere nie, maar ook 'n geleentheid waar ons gemeenskap kon saamkom en saam kuier. Dit is deur sulke geleenthede dat ons ware gees van samewerking en liefde vir ons gemeenskap kan vier.

Ons sien uit na die volgende opwindende projek en is dankbaar vir almal wat betrokke was. Saam maak ons 'n verskil in die lewens van ons leerders en in ons gemeenskap.

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Stop Surviving and Start Building the Business You Envisioned

Struggling to survive today, does not feed the bigger picture.

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Spring is here, which means it’s a great time to tackle those painting projects around the house. 

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai