
Interstreke!!!
Op Saterdag 18 Julie en Sondag 19 Julie 2026 het die Interstreke-rolbaltoernooi in Hermanus plaasgevind. Die algehele kampioene was Cape Winelands, met Overberg as naaswenners en West Coast in die derde plek.
In die mansafdeling het Cape Winelands eerste gekom, met Overberg in die tweede plek en West Coast derde.
In die damesafdeling was Overberg in die eerste plek, met Cape Winelands tweede en West Coast in die derde plek.
Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.
V.l.N.R.: Overberg: Jacques Prins, Mia Stander en Johna Giliomee (L’Agulhas-rolbalklub)








