Zoetendal Akademie Kook!
Die Zoeties het verlede naweek se prag-weer gevier deur behoorlik fees te vier. Die vure het hoog gebrand en die potte het omtrent geprut by Zoetendal Akademie se Potjiekoskompetisie. Die dag se pret is afgeskop deur 'n kleurvolle pretdraf vanaf Stormsee karavaanpark en deelnemers is langs die pad na die mees suidelike punt, verfraai met allerhande kleure.
Terwyl dit afgespeel het, het die tien groepe wat meegeding het om Potjiekos-koning te kraai; die karavaanpark (én die buurt rondom dit) se monde aan die water gehad met die allerheerlikste geure. Van seekos; biltongpot tot Rogan Josh tot bees- en lamsvet wat braai.
Voeg dit by heerlike musiek om selfs ouma se heupe te laat swaai en g'n wonder talle besoekers het Saterdag kom draai nie. Die beoordeelaars se taak was beslis nie maklik nie, want lekkerder potjiekos, sal mens nie sómmer kry nie. Ongelukkig kon daar net één wenner wees en hierdie prestasie gaan aan die Sjampanjemeisies se span met hul smullekker Morokkaanse lamspot en sjampanje koes-koes. Die prys vir die span met die meeste gees het gegaan aan ‘Ratel Paving and Construction’. Baie dankie aan een en elkeen se ondersteuning.
- Elanah Engelbrecht
Van Links: Meyer Smit, Shané Breedt, Doald Breedt, Don Breedt
Van Links: Marlize Vermaak, Erin Conradi, Marquerite van Wyk, Marchean Delport