Red ’n Seeskilpad Só

Red ’n Seeskilpad Só

Suidernuus / Southern Post

Image

Red ’n Seeskilpad Só

Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit wat die publiek inlig oor hoe om te werk te gaan as hulle ’n uitgespoelde seeskilpad vind.

Die inisiatief is met die ondersteuning van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) deur die Tw ee Oseane Ak w ariu m in Kaapstad se opvoedkundige been en Cape Nature van stapel gestuur. Inligtingsessies is op kusdorpe vanaf Mosselbaai tot Witsand gehou, waartydens die NSRI inligting voorsien het rakende die hantering van seeskilpaaie wat op strande gevind word.

Die laaste besoekpunt was die N S R I se Agulhas-stasie op Struisbaai wat deel is van die Overberg Seeskilpadnetwerk. Klein seeskilpadjies wat op die strande in die omgewing uitspoel, word gereeld deur inwoners van Struisbaai en Agulhas opgetel en na die NSRI sentrum gebring. Van hier af word hulle dan na die Twee Oseane Akwarium geneem waar hulle versorg word totdat hulle sterk genoeg is om vrygelaat te word.

Helene Engelbrecht wat tydens ’n staptog by die Stinkbaai-rotspoel op Agulhas op ’n beseerde groen skilpad afgekom het, het Vrydag die kans gehad om lede van die Twee Oseane-span te ontmoet.

‘Helene se skilpad’, wat Hulk gedoop is, het die verbeelding aangegryp omdat sy ondanks kwaai beserings aan haar kop en buik goed aangesterk het. Sy is aan die begin van Maart naby Houtbaai in die see vrygelaat.

Inwoners en besoekers aan die streek se strande sal nou met behulp van die borde presies weet wat om te doen as hulle gestrande of beseerde seeskilpaaie teëkom. Die seisoen waartydens die klein skilpadjies na verwagting kan begin uitspoel, is om die draai. Groter skilpaaie spoel net uit wanneer hulle om een of ander rede – dikwels ná stormweer – die pad byster raak en beseer word of verstrengel raak in vislyn of plastiek.

Die noodnommer van die Skilpadnetwerk by die NSRI stasie op Struisbaai is 083 300 1663

 
Ora Laubscher
Red ’n Seeskilpad Só

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

24-Hour Emergency Refrigeration Support

24-Hour Emergency Refrigeration Support

Fast response for refrigeration emergencies

Did you know?

Did you know?

Businesses with faster, more reliable internet report up to 30% higher productivity.

Orca Technologies
Growth starts with inner transformation

Growth starts with inner transformation

When Your Business Feels Stuck, Look Within

You are your business strategy

You are your business strategy

You, as the business owner, make or break your company's strategy.

When You Feel Unheard in a Relationship

When You Feel Unheard in a Relationship

No matter how clearly they spoke…

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai