Oom' Dries Auret se 6de boek... op 90-jarige ouderdom

Oom' Dries Auret se 6de boek... op 90-jarige ouderdom

Gans-Berg Nuus / News

Oom' Dries Auret se 6de boek...op 90-jarige ouderdom

Oom' Dries Auret, met die 'oom' as 'n gerespekteerde uitdrukking, is 'n bekende en geliefde emerituspredikant van Groter Gansbaai.  Tans is hy en sy ewe geliefde eggenote, 'Tannie' Luna (63), inwoners van Huis Lettie Theron in Hermanus, waar hy 'n kamer in die siekeboeg met Tannie Luna deel om haar te ondersteun. Dit is waar Oom Dries op 90-jarige ouderdom sy 6de boek, Vanslewe tot Hede, gefinaliseer het wat pas gepubliseer is - die insiggewende boek is pure genot om te lees.

Gansbaai se begaafde skrywer, SD Fourie, skryf in die Voorwoord: “Vanslewe tot Hede, 'n terugreis op Dries Auret se lewenspad, is sy 6de boek.

Geen geringe prestasie as die leser in ag neem dat dit kort voor sy 90ste verjaarsdag verskyn het nie.”  SD skryf verder: “Tereg noem hy self, hy het met 'n griffie en lei begin en nou, ná jare, gevorder tot save, cut, copy, past en delete.  

Die herinneringe tussenin is van onskatbare waarde: 'n kleinnood en aanwins vir ons Afrikaanse woordeskat. Woorde van plek, tyd en ontbering, maar deurspek met liefde en geloof.” Met verwysing na Dries se verstommende woordeskat en 'n magdom van Afrikaanse idiome, sluit SD die Voorwoord soos volg af: “Met ouwêreldse sjarme skets hy dit, maar bowenal sy verlange na sy komvandaan. Dit het my hart geraak.”

Image

'Vanslewe tot Hede'

Oom Dries se verhaal begin in die Groot Sandveld van Namakwaland, waar hy sy eerste 12 jaar in 'n 'Matjieshuis' gewoon het. Daarna volg 'n lewensreis van 90 jaar, gevul met wedervaringe en belewenisse - ingesluit groot gebeurtenisse soos die opspraakwekkende eerste maanlanding, die eerste hartoorplanting, die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945), en baie meer. Hy vertel vanaf die ploeg met 'n span donkies, koring sny met 'n sekel en slaap onder die ope hemel in 'n takskerm en selfs van die destydse sendelinge se ontberinge.  

Die boek bevat talle humoristiese insidente, soos net Oom Dries dit kan oorvertel. Om oor die inhoud van 'n hele 35 hoofstukke te skryf, is 'n onbegonne taak - om die boek te lees is 'n ware 'eye-opener' oor toentertyd se gebeure, Afrikaanse woordeskat, idiome, plekname en soveel meer. Mens kan ook nie vergeet van sy groot voorliefde vir visvang nie, gereeld met 'n leë verfblik as stoeltjie langs die see!

image left

Die mens, Dries Auret

Oom Dries is op 30 Maart 1935, “langs die trekpad met die donkiewa en troppe bokke” in Namakwaland gebore.  

Na sy teologiese studies aan die Hugenote Kollege en die Sendinginstituut, word hy in 1961 gelegetimeer en bedien hy die Sendinggemeente Elandskloof-Citrusdal, die gemeentes van die NG Kerk: Leonard (Namibië), Arora en Napier.  

Na sy aftrede in 1997 vestig die egpaar hulle op Pearly Beach waar hy meer as 300 keer in verskillende gemeentes preek.  

Hy dien ook vir 8 jaar as die predikant van die APK Gemeente tot op die ouderdom van 86 jaar, met Tannie Luna wat altoos as orrelbegeleier opgetree het.  

Oom Dries se vorige 5 boeke uit sy skrywerspen is: Deur Swaarkry Gebrei, Kronkelpad van Garies tot Napier, Kort Duskant Moedverloor, Napier 150 Dees Gedenkboek (1848-1998) en Namakwaland tot Overstrand (Digbundel).  

Dankie aan Oom Dries vir 'n kosbare Afrikaanse nalatenskap aan Groter Gansbaai.  

Vanslewe tot Hede sal by Coenie Fourie in Pearly Beach se Ontspanningsaal beskikbaar wees, asook tydens Vrydae se Woekermarkte in die Pretoriussaal. Dit kan ook via Pepstores se Paxiediens na die naaste Pepstores gestuur word. 

Hardus Botha
 

Oom' Dries Auret se 6de boek... op 90-jarige ouderdom

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

When Fear Becomes Normal

When Fear Becomes Normal

When fear becomes your norm, it’s often because you’ve jumped ahead in your mind...

Latest Reviews

Latest Reviews

Check out the latest reviews for Bredasdorp Health and Fitness and see what members are saying!

Wholesale Christmas Candles Available Now

Wholesale Christmas Candles Available Now

It’s never too soon to start thinking about Christmas!

Kapula Candles
Start Right with Prominent Paints Prep Products

Start Right with Prominent Paints Prep Products

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks trusted products from Prominent Paints SA.

Chase Vision, Not Money - Purpose Fuels Success

Chase Vision, Not Money - Purpose Fuels Success

But then fear crept in. Doubt settled. And suddenly, the focus shifted - from your why to what if?

Your Winter Aircon Checklist with Just Chilling!

Your Winter Aircon Checklist with Just Chilling!

Winter is here, make sure your aircon is ready to keep you warm and comfy. 

Just Chilling
See All Articles