Bach Flower Remedies
‘n Unieke selfhelpstelsel vir emosionele ondersteuning.
Dr. Edward Bach se lewensverhaal
"The light that never goes out"
As dit van jou laboratoriumvenster gesê word, is jy sekerlik besig met iets groots!
Dr. Edward Bach - mediese dokter, bakterioloog, plantkundige, chirurg, entstofnavorser, homeopaat en die uitvinder van Bach Flower Remedies - is hier ter sprake.
Dr. Edward Bach het mediese studies in Birmingham en later aan die University College Hospital London, voltooi, waar hy ook chirurg was. Hy het ook ‘n privaatpraktyk bedryf. As a bakterioloog en patoloog het hy navorsingswerk oor entstowwe in sy eie laboratorium gedoen.
In 1917, tydens die Eerste Wêreldoorlog, het Dr. Bach in hospitale gewerk waar beseerde soldate wat van die oorlogsfront in Frankryk teruggekeer het, versorg is.
Tydens hierdie tydperk het hy ‘n gesondheidsineenstorting beleef en is met kanker gediagnoseer. Volgens mediese toetse sou hy slegs nog drie maande leef.
Tog het hy wonderbaarlik herstel en sterker as ooit, het hy geglo dat hy nog werk op aarde het om te doen.
Homeopatiese navorsing
Dr. Bach was ontevrede daarmee dat daar van dokters verwag is om op die siekte te fokus, in plaas van op die persoon as ‘n geheel van ligaam, verstand en gees.
Hy het dus na ‘n meer holistiese benadering tot medisyne gestreef. Hy het ‘n pos by die Royal London Homeopathic Hospital aanvaar.
Hier het hy gou die ooreenkomste tussen sy werk in verband met inentings en die beginsels van homeopatie raakgesien.
Hy het sy entstofnavorsing aangepas om ‘n reeks van sewe homeopatiese nosodes te ontwikkel. Sy werk en publikasies in hierdie veld het hom groot erkenning en aansien in homeopatiese kringe besorg, en mense het selfs na hom as “die tweede Hahnemann” begin verwys – ‘n verwysing na Samuel Hahnemann, die vader van homeopatie.
Soeke na ‘n eenvoudiger stelsel
Dr. Bach was van mening dat selfs die homeopatiese stelsel te kompleks was vir mense om hulleself daarmee te kan help. Hy het bly soek na eenvoudiger en natuurliker behandelings.
Soos hy aan sy assistent verduidelik het: “As ek ‘n toebroodjie wil maak, gaan ek slaaiblare in die tuin pluk. As ek bang en angstig is, gebruik ek Mimilus. As ek oormatig bekommerd is, pluk ek Red Chestnut. So eenvoudig moet dit wees!”
Hy was ‘n fyn waarnemer van menslike gedrag en het opgemerk dat mense verskillende emosionele benaderings tot die lewe het. Dit het ‘n groot invloed op hoe hulle siektes ervaar, en herstel. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat mense makliker gesond word wanneer hulle emosioneel gebalanseerd is.
Gebruik van plante en blomme
Met hierdie insig het hy begin om plante en veral blomme te versamel, met die hoop om ‘n sagte, natuurlike behandelingsmetode te ontwikkel.
Teen 1930 was hy so opgewonde oor die rigting van sy navorsing, dat hy sy suksesvolle mediese praktyk gesluit en Londen verlaat het.
Hy het hom daaraan gewy om ‘n nuwe genesingsmetode te ontdek wat, volgens hom, in die natuur opgesluit lê. Hy het as sy assistent, ‘n radiografis
genaamd Nora Weeks, saamgeneem.
Mettertyd, en na deeglike toetsing van honderde plante, het hy een vir een die regte behandelings gevind. Elke blomtinktuur was gemik op ‘n spesifieke emosionele toestand wat, indien onbehandeld, tot chroniese siektes kon lei.
Slegs ‘n jaar ná voltooiing van sy stelsel van 38 Bach Flower Remedies, is Dr. Bach oorlede.
Hoe die stelsel werk
Hier is ‘n voorbeeld van een van die blomtinkture, soos beskryf deur die Bach-Instituut:
Willow
“ Willow
... is for people who feel resentful and bitter about the way their lives have gone.
In a Willow state we begrudge others their success and happiness, and are reluctant to admit when our own lives go well.
We prefer to grumble, and are prone to resentment and self-pity. The remedy encourages the rebirth of optimism and faith. It helps us feel more generous towards others and more aware that negative thinking can attract the very ill- fortune of which we complain."
Dr. Bach se beskrywing:
"For those who have suffered adversity or misfortune and find these difficult to accept, without complaint or resentment, as they judge life much by the success which it brings. They feel that they have not deserved so great a trial, that it was unjust, and they become embittered. They often take less interest and less activity in those things of life which they had previously enjoyed.”
Die Bach-Instituut het die 'remedies' in sewe emosionele groepe verdeel, wat elkeen mense se gesondheid positief kan beïnvloed:
• Find Joy and Hope
• Live and Let Live
• Stand Your Ground
• Face Your Fears
• Live the Day
• Reach Out to Others
• Know Your Own Mind
Praktiese voorbeeld
Onder 'Stand Your Ground' kan die volgende emosies behandel word:
• Jy sukkel om vir mense nee te sê.
• Ander se idees laat jou onseker voel oor jou eie besluite.
• Jy voel seergemaak, wraaksugtig of jaloers.
• Jy versteek jou probleme agter ‘n glimlag.
Indien jy nooit jou eie keuses kan uitleef nie, kan dit tot innerlike spanning en uiteindelik ‘n verbitterde gemoedstoestand lei. Dit is ‘n vorm van stres, wat jou liggaam se 'veg-of-vlug-respons' kan aktiveer. As hierdie natuurlike reaksie jare lank onderdruk word en jy net probeer om almal gelukkig te hou, kan stresverwante siektes ontstaan.
Meng jou eie behandeling
Tot vyf verskillende 'remedies' kan in ‘n enkele 30ml behandelingsbottel gekombineer word.
Hierdie behandelings is sag, effektief en bring vinnig verligting.
Dit is dus meer kostedoeltreffend om ‘n verskeidenheid tinkture teen R95 te laat meng, as om vyf bottels teen R359 elk te koop.
Die tinkture word direk van die Bach-Instituut in Engeland ingevoer.
Mirre & Kaneel hou die volledige reeks aan en kan jou help om ‘n pasgemaakte mengsel te skep.
Ek het ‘n 'Level 1 Bach Flower Remedy Certificate of Attendance' voltooi en mag tans, met behulp van die aanlynstelsel, ‘n spesifieke mengsel uit my voorraad vir jou saamstel. Ek beplan om my opleiding in Maart voort te sit, met die doel om ‘n gekwalifiseerde Bach Flower Remedy-praktisyn te word.
Bronnelys:
Disclaimer: No complementary health treatment is meant to replace medical treatment and should be done responsibly in agreement with your general physician. We are not responsible for decisions that you personally make to discontinue any medication.
For the English version, click here.