Blog

Adaptogene

Adaptogene

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Adaptogene

Essensiële olies wat by jou behoeftes aanpas.

Ons liggame, verstand en selfs die gees, streef altyd daarna om 'n toestand van homeostase of balans te bereik. Om behoorlik te funksioneer, het ons net genoeg spanning nodig om ons tot optrede aan te spoor, maar nie soveel dat dit ons verlam nie. 

Verskeie essensiële olies soos laventel, peperment en malva (rose geranium) besit hierdie opponerende eienskappe. Hulle is in staat om op die liggaam se behoeftes te reageer en sal ons óf kalmeer óf stimuleer ten einde homeostase of balans te bewerkstellig.

Die outonome senuweestelsel. 

Adaptogeen-olies beïnvloed onder meer die outonome senuweestelsel - dit wil sê die funksies van die liggaam waaraan jy nie bewustelik dink nie. 

Die outonome senuweestelsel beheer organe soos die hart, longe, maag, ingewande, lewer, blaas, bloedvate, pupille, sweetkliere, speekselkliere en meeste ander interne organe, wat onwillekeurige liggaamsfunksies soos vertering, hartklop en bloeddruk reguleer.

'n Praktiese voorbeeld

Laventel kan jou bv. kalmeer wanneer jy angstig is en nie kan slaap nie, maar kan jou ook stimuleer wanneer angstigheid jou apaties maak. 

Peperment verkoel die vel, maar verbeter terselfdertyd bloedsirkulasie na die brein. 

Die kombinasie van laventel en peperment verlaag dus spanning, verbeter bloedvloei na die brein en verlig die verlammende gevoel van angs.  

Albei olies is pynstillend, en dit is hoekom ‘n kombinasie van hierdie twee olies ‘n spanningshoofpyn verlig.

Ander olies met adaptogeen-eienskappe:

1. Suurlemoen

Suurlemoen bevorder helder denke. In Japan is ’n eksperiment uitgevoer waar tiksters tot 54% minder foute gemaak het toe suurlemoenolie in die kantoor versprei is. Die olie kalmeer, maar bevorder terselfdertyd fokus in die kantoorspasie.

2. Malva (rose geranium) 

Hierdie olie is kalmerend, maar stimuleer terselfdertyd depressiewe mense genoeg om lusteloosheid te oorkom en word beskryf as kalmerend maar verfrissend. Malva-olie is by uitstek geskik om onstabiele emosies wat met hormonale veranderinge verband hou, te stabiliseer.

Ander adaptogeniese essensiële olies is bergamot, salie, sederhout, copaiba, frankincense, roos en basiliekruid. 

Bronne: 

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003

P206-207

Fischer-Rizzi, S.

Complete Aromatherapy Handbook, English Edition 1990.

Sterling publishing Company Inc. New York USA. pp 118-124.

Disclaimer: 

The use of essential oils must be done responsibly and does not replace any medical treatment. It is used at your own risk.

Adaptogene

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils, located in Harbour Road, Kleinmond, is your go-to health shop for all-natural wellness products. Carina Falck, the owner, is an experienced aromatherapist and holds a Level 1 Bach Flower Remedy Certificate of Attendance. Mirre & Kaneel is centred on...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Kleinmond!
Read More

Other Articles

Warm Up Your Home This Winter

Warm Up Your Home This Winter

As the days get shorter, the colours in your home can make all the difference.

West Coast Inspiration

West Coast Inspiration

Looking for finishes that combine natural beauty with lasting durability? 

Damp Walls? Fix the Cause First

Damp Walls? Fix the Cause First

Noticed damp patches or water stains on your walls? Painting over the problem won't make it disappear.

Healing Changes Relationships

Healing Changes Relationships

Not because other people suddenly change.

Why the Same Relationship Patterns Keep Repeating

Why the Same Relationship Patterns Keep Repeating

Healing yourself transforms every relationship.

See All Articles