Bergamot (Citrus aurantium ssp.bergamia)
'n Interessante olie met 'n menigte gebruike.
Bergamot is deel van die sitrusgenus, en is, 'n resultaat van verbouing. Die vrug is uiters bitter en suur en is nie eetbaar nie. Die essensiële olie word van die skil van die Bergamot-vrug verkry.
Gesog in parfumerie
Die olie word hoog aangeslaan in die parfuumbedryf en baie keurige parfuums soos Tom Ford Black Orchid, Yves Saint Laurent Black Opium en Belle, bevat Bergamot..
Earl Grey Tee
Bergamot is verantwoordelik vir die keurige smaak van Earl Grey-tee. Earl Grey Tea word gemaak deur óf die essensiële olie by swart teeblare te voeg, óf deur van die Bergamot-skil met die swart teeblare te meng.
Aroma
Bergamot se aroma herinner aan blomme, hoewel die olie van die vrugte se skil gemaak word. Dit is subtiel dog lewendig.
’n Interessante eienskap is dat dié olie die aroma van mengsels balanseer – as jy die effek van ’n spesifieke olie oorweldigend vind, sal ’n paar druppels Bergamot die mengsel tot ’n aangenamer aroma herstel. Dit kan ook gebruik word om die aroma van mengsels met 'n sterk medisinale reuk te verbeter.
Terapeutiese eienskappe
Bergamot bied veelsydige emosionele ondersteuning aangesien dit 'n opbouende dog kalmerende effek het. Dit word gebruik om depressie, spanning en angs te behandel. Die oorkoepelende effek is dié van herstel en balans.
Gebruik Bergamot om onderdrukte woede te help ontlont – ‘n baie nuttige eienskap, aangesien opgekropte emosies tot depressie, slapeloosheid, angs en gemoed-skommelings kan lei.
Die geur van Bergamot help ook om selfvertroue te herwin en is gerusstellend. Bergamot is ook word ook gedurende ‘n rouproses aanbeveel.
Emosioneel
Spysverteringstelsel
Bergamot behandel die onderliggende stres in anorexia nervosa en is oor die algemeen nuttig vir diegene wat hul eetlus verloor as gevolg van stres.
Om 'n bietjie Earl Grey-tee na 'n groot maaltyd te drink, is baie nuttig om met vertering te help, en om winderigheid en spysverteringsongemak te verlig.
Effektiewe kombinasies.
’n Kombinasie van Bergamot, Roosmaryn en Sitroengras of Verbena is emosioneel stimulerend, verfrissend en opbouend. Gekombineer met Jasmyn en Ilang-Ilang, versterk Bergamot op fisieke vlak, bv. wanneer jy van siekte herstel.
Natuurlike aangetrokkenheid tot dié olie.
Mense met 'n ligter en vreugdevolle benadering tot die lewe hou blykbaar instinktief van Bergamot.
Bergamot-mense is ook dikwels diegene wat omgee, bedagsaam en vol energie is.
Bronne:
Battaglia, S.
The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.
The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003
P261-262
Fischer-Rizzi, S.
Complete Aromatherapy Handbook, English Edition 1990.
Sterling publishing Company Inc. New York USA. pp 70 - 76.
Disclaimer
The use of essential oils must be done responsibly and does not replace any medical treatment. It is used at your own risk.