Blog

Adaptogene

Adaptogene

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Adaptogene

Essensiële olies wat by jou behoeftes aanpas.

Ons liggame, verstand en selfs die gees, streef altyd daarna om 'n toestand van homeostase of balans te bereik. Om behoorlik te funksioneer, het ons net genoeg spanning nodig om ons tot optrede aan te spoor, maar nie soveel dat dit ons verlam nie. 

Verskeie essensiële olies soos laventel, peperment en malva (rose geranium) besit hierdie opponerende eienskappe. Hulle is in staat om op die liggaam se behoeftes te reageer en sal ons óf kalmeer óf stimuleer ten einde homeostase of balans te bewerkstellig.

Die outonome senuweestelsel. 

Adaptogeen-olies beïnvloed onder meer die outonome senuweestelsel - dit wil sê die funksies van die liggaam waaraan jy nie bewustelik dink nie. 

Die outonome senuweestelsel beheer organe soos die hart, longe, maag, ingewande, lewer, blaas, bloedvate, pupille, sweetkliere, speekselkliere en meeste ander interne organe, wat onwillekeurige liggaamsfunksies soos vertering, hartklop en bloeddruk reguleer.

'n Praktiese voorbeeld

Laventel kan jou bv. kalmeer wanneer jy angstig is en nie kan slaap nie, maar kan jou ook stimuleer wanneer angstigheid jou apaties maak. 

Peperment verkoel die vel, maar verbeter terselfdertyd bloedsirkulasie na die brein. 

Die kombinasie van laventel en peperment verlaag dus spanning, verbeter bloedvloei na die brein en verlig die verlammende gevoel van angs.  

Albei olies is pynstillend, en dit is hoekom ‘n kombinasie van hierdie twee olies ‘n spanningshoofpyn verlig.

Ander olies met adaptogeen-eienskappe:

1. Suurlemoen

Suurlemoen bevorder helder denke. In Japan is ’n eksperiment uitgevoer waar tiksters tot 54% minder foute gemaak het toe suurlemoenolie in die kantoor versprei is. Die olie kalmeer, maar bevorder terselfdertyd fokus in die kantoorspasie.

2. Malva (rose geranium) 

Hierdie olie is kalmerend, maar stimuleer terselfdertyd depressiewe mense genoeg om lusteloosheid te oorkom en word beskryf as kalmerend maar verfrissend. Malva-olie is by uitstek geskik om onstabiele emosies wat met hormonale veranderinge verband hou, te stabiliseer.

Ander adaptogeniese essensiële olies is bergamot, salie, sederhout, copaiba, frankincense, roos en basiliekruid. 

Bronne: 

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003

P206-207

Fischer-Rizzi, S.

Complete Aromatherapy Handbook, English Edition 1990.

Sterling publishing Company Inc. New York USA. pp 118-124.

Disclaimer: 

The use of essential oils must be done responsibly and does not replace any medical treatment. It is used at your own risk.

Adaptogene

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils, located in Harbour Road, Kleinmond, is your go-to health shop for all-natural wellness products. Carina Falck, the owner, is an experienced aromatherapist and holds a Level 1 Bach Flower Remedy Certificate of Attendance. Mirre & Kaneel is centred on...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Kleinmond!
Read More

Other Articles

20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

21 Days to Christmas - Travel Time

21 Days to Christmas - Travel Time

No matter if you fly or drive to your holiday destination, put some thought into the travel time. 

22 Days to Christmas

22 Days to Christmas

Let everyone write down the movies they would like to watch. 

The Power of Self-Love

The Power of Self-Love

You are a gift, why would you discard yourself?

See All Articles