Seder Essensiële Olie

Seder Essensiële Olie

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Seder Essensiële Olie

Stabiel. Seker. Seder.

Cedrus atlantica

Wanneer jy bo jou omstandighede moet uittroon.

Soms ontmoet jy mense wat lyk asof hulle statig deur die lewe gly. Asof niks hulle kalmte kan versteur nie, staan hulle rustig rond wanneer almal tydens ‘n krisis begin skarrel. Net om na hulle te kyk, boesem vertroue in, en laat jou veilig voel. 

Hulle kom amper hoogmoedig voor, asof hulle koninklikes is en jy wonder of jy hulle maar ‘n vraag kan vra. 

Wanneer jy hulle beter leer ken, is hulle eintlik nederig en ‘n bron van krag en kalmte tydens krisisse. 

Jy wens jy kan ook so wees wanneer die lewe druk...

Neem ‘n groot stap in die regte rigting.

Maak seder-olie deel van jou essensiële olie versameling.

Hier is ‘n bietjie meer oor dié merkwaardige olie. 

Van ewigheid tot ewigheid...

Dit is die indruk wat jy dadelik kry wanneer jy met dié besondere boom kennis maak, en in verskillende kulture word sederbome beskou as simbole van grootsheid, krag en beginselvastheid. 

‘n Heerser onder die bome 

‘n Bekende Duitse aromaterapeut, Susanne Fischer-Rizzi, beskryf die seder as volg: Wat die leeu in die diereryk verteenwoordig, verteenwoordig die seder in die planteryk.

Libanonseders

Die oudste sederboom bekend, ‘n Libanonseder, (Cedrus libani), word in die Çığlıkara Natuurreservaat in die Antalya Provinsie in Turkye aangetref. Die boom se ouderdom word op 2,000 jaar geraam. Libanonseders is ‘n bedreigde spesie, en daar is projekte om dié kosbare bome te hervestig. 

Ons olie se herkoms - Cedrus atlantica

Dié bome staan ook bekend as Marokaanse seders, en baie bronne beskou die Cedrus atlantica as ‘n afstammeling van die Cedrus libani (Seder van Libanon). Dit is dié seders waarvan die meeste van ons essensiële olie gemaak word. 

Die olie word hoofsaaklik in Marokko en die noordweste van Algerië gedistilleer, van bome wat in die Atlasbergreeks in Afrika groei. 

Geur 

Seder-olie ruik baie aangenaam – ook vir mans. Die geur word met krag, moed, waardigheid, standvastigheid en wysheid geassosieer. Dit het beslis ook ‘n sensuele ondertoon en word in sensuele seep en parfuum vir mans en dames gebruik. 

Aromatiese effek

Die reuk van seder anker, kalmeer, stabiliseer en verminder angs en spanning. Dit versterk die senustelsel, en help om lusteloosheid te verminder.

Verder balanseer die geur van seder-olie, gee emosionele krag in krisistye en ondersteun logiese denke wanneer emosies dreig om jou te oorweldig.

Gebruike as emosionele hulp

Seder-olie word baie suksesvol gebruik in mengsels vir: 

• werk-verslaafdes (work-aholics) 
• stres, angstigheid
• rusteloosheid
• gevoelens van bedreigdheid
• buierigheid
• swak konsentrasie
• om in die hede te leef (mindfulness)
• om positiwiteit te bevorder
• om selfvertroue te bevorder
• om meer self-geldend (assertive) te wees. 

Gebruike vir fisiese probleme

• Spierswakheid
• Limfdreinering
• Afbreek van vet
• Selluliet
• Geswelde bene
• Verdunning van slym
• Kroniese bronchitis
• Urienweginfeksies
• Versterk haargroei en behandel hare wat in groot kolle uitval (alopecia areata)
• Lae rugpyn

Seder meng goed met:

Roos, bergamot, jasmyn, neroli, juniper, suurlemoen, hisop, en salie.

Idees vir mengsels

Tydens angstigheid
3 druppels seder
3 druppels den
3 druppels patchouli
Meng op 10ml draer-olie.

Sensuele geur 

3 druppels seder
1 druppel roos
1 druppel jasmyn
3 druppels bergamot
Meng op 10ml draer-olie

Stres tydens openbare optrede of in die werkplek

Performance blend 

10 druppels seder
5 druppels bergamot
3 druppels lemoenskil (sweet orange) 
Meng op 10ml draer-olie

Al hierdie olies en leë botteltjies is beskikbaar by Mirre & Kaneel, Haweweg 14, Kleinmond. 

Die klaargemengde produkte is ook beskikbaar teen R79/10ml. 

Groete 
Carina Falck

Bronne:
https://en.wikipedia.org/wiki/Koca_Katran/

Battaglia, S.
The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.
The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003
P176 -178

Fischer-Rizzi, S.
Complete Aromatherapy Handbook, English Edition 1990.
Sterling publishing Company Inc. New York USA. pp 77-79.

Worwoord V. A.
The Complete book of Essenstial Oils and Aromatherapy
The New World Library, Novato, California, USA, p 174. 

Disclaimer
The use of essential oils must be done responsibly and does not replace any medical treatment. It is used at your own risk.

Seder Essensiële Olie

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils, located in Harbour Road, Kleinmond, is your go-to health shop for all-natural wellness products. Carina Falck, the owner, is an experienced aromatherapist and holds a Level 1 Bach Flower Remedy Certificate of Attendance. Mirre & Kaneel is centred on...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Kleinmond!
Read More

Other Articles

Remembering Dr Peter Nixon: Geologist, Mentor, Pioneer

Remembering Dr Peter Nixon: Geologist, Mentor, Pioneer

The Overberg Geoscientists Group shares the sad news of the passing of Dr Peter Nixon.

Darwin Celebrated in Simon’s Town - A Day of Science and Tribute

Darwin Celebrated in Simon’s Town - A Day of Science and Tribute

On Sunday, 20 April 2025, the Simon’s Town Jetty became a place of celebration as a bronze bust of Charles Darwin was unveiled.

Join the Next OGG Zoom Talk - The Economics of Ecosystem Restoration

Join the Next OGG Zoom Talk - The Economics of Ecosystem Restoration

Dr James Blignaut will talk about how restoring degraded ecosystems is not only good for nature but also makes economic sense.

OGG April Newsletter - Highlights and Upcoming Events

OGG April Newsletter - Highlights and Upcoming Events

The Gold Presentation Series wrapped up with great success - experts from around the world shared insights on gold geology. 

Don’t Let Others Limit Your Vision: Keep Pushing Forward

Don’t Let Others Limit Your Vision: Keep Pushing Forward

Your vision didn’t come to you by accident.  

Best Gear for Beach Fishing

Best Gear for Beach Fishing

Whether you're after bream, whiting, or flathead, all you need is the right gear, fresh bait, and a good spot.

See All Articles