Blog

Sitroengras Essensiële Olie

Sitroengras Essensiële Olie

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Sitroengras Essensiële Olie

(Cymbopogon citratus and Cymbopogon flexuosus)

Mense vind jou verfrissend en interessant, jy kry ander aan die gang, jy moedig ander graag aan en ‘n oggendstort is ononderhandelbaar!

Jy wil praktiese raad hê en konkrete hulp aanbied. En jy is soggens ‘n bietjie stadig uit die blokke ...

Jy en Sitroengras is pasmaats!

Agtergrond

Aangesien essensiële olies ons huise in pragtige verpakking bereik, is ons soms onbewus van die mense agter die skerms.

Sitroengras word in Indië, Suid-Afrika en verskeie ander ontwikkelende lande geoes. Dit is arbeidsintensief, en wat ons as 'n relatief goedkoop olie beskou, soos bv. sitroengras, is op 'n manier nie goedkoop gegewe die handearbeid wat betrokke is nie. 

Die olie word met stoomdistillasie uit die vars of gedeeltelik gedroogde blare verkry.

Terapeutiese gebruike van Sitroengras

Emosionele bystand:

• Sitroengras word algemeen  in verfrissende stort-en badprodukte gebruik - jy sal ’n magdom opsies op die internet kry. 
• Dié vars skoon reuk het ‘n baie positiewe uitwerking op wakkerheid en  positiwiteit,  konsentrasie, oggend-knorrigheid en vlugvoosheid.
• Die dien ook as effektiewe tonikum en stimulant.
• Mense wat deur trauma geaffekteer is, benodig dikwels hulp om linkerbreinfunksies soos logiese denke, geheue, redeneervermoë, aandagspan en probleemoplossing te bevorder. 
• Volgens Fischer-Rizzi, het sitroengras ‘n intense stralende energie, en stimuleer dit  die linkerbrein.  

Sitroengras meng goed met: 

Basiliekruid, swartpeper, sederhout, sipres, en malva - almal olies wat fokus en konsentrasie verbeter. 

Die volgende kombinasie van olies is aangenaam en baie nuttig vir helder denke:

• 2 druppels basiliekruid 
• 1 druppel swartpeper
• 3 - 5 druppels sitroengras

Gebruik 5-8 druppels van die mengsel in 'n diffuser, of meng op 10ml draerolie in 'n rollerbotteltjie om die nek, slape, polse, agter die knieë en die agterkant van die hande te masseer. (Dit is net waar die vel dunner is en are nader aan die oppervlak is om die olies warm te maak - geen ander geheimsinnige rede nie!)

Net 'n herinnering dat 'n diffuser verreweg die beste manier is om essensiële olies te gebruik, aangesien die olies deur ons reukstelsel toegang tot die limbiese brein verkry, en so help om  veg-, vlug- en vriesreaksies te reguleer.

Bronne: 

Battaglia, S.
The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.
The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003.
P223-224.

Davis, P.
Aromatherapy an A-Z
The C. W. Daniel company limitedEssex, England, 1988.
P204-205.

Fischer-Rizzi, S. 
Complete aromatherapy handbook
Sterling Publishing Co., Inc. New York, 1989
p.125-127.

Ranger, H.
Everybody’s Aromatherapy
Tafelberg Publishers, Cape Town South Africa 
P 50.

Worwood, V. A.
The complete book of Essential oils and Aromatherapy, 
New World Library, Novato, California, 2016, 
p.136, 599)  

Sitroengras Essensiële Olie

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils, located in Harbour Road, Kleinmond, is your go-to health shop for all-natural wellness products. Carina Falck, the owner, is an experienced aromatherapist and holds a Level 1 Bach Flower Remedy Certificate of Attendance. Mirre & Kaneel is centred on...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Kleinmond!
Read More

Other Articles

How to Run a Business Without Burning Out

How to Run a Business Without Burning Out

You started your business with one clear dream: to create something meaningful…

Warm Winter Meals - Soup, Butter Chicken and Biryani

Warm Winter Meals - Soup, Butter Chicken and Biryani

The rain’s falling, the fire’s crackling, and something delicious is simmering on the stove…

Coffee @ The Well
Comfi Linen Winner from Betty’s Bay Announced

Comfi Linen Winner from Betty’s Bay Announced

Congratulations to one of our lucky winners, JC Hanekoms from Brigadoon Old Age Home in Betty’s Bay! 

Comfi Linen
Winter Comfort Starts Here!

Winter Comfort Starts Here!

Stay warm and cosy with Comfi Linen’s new winter stock!

Comfi Linen
How to Fall in Love With Your Business Again

How to Fall in Love With Your Business Again

As an entrepreneur, your business was never just about numbers or survival.

Solar Street Lights Available Now!

Solar Street Lights Available Now!

Great news! Our 5730 chip Solar Street Lights with remote control are now in stock and available upon request.

Digit Overstrand
See All Articles