Blog

Opwindende Tennis

Opwindende Tennis

Kleinmond Tennis Club

Opwindende Tennis

Sondag is daar vir die eerste keer op Kleinmond Tennis se bane met ’n inisiatief begin om meer kinders en jongmense by hierdie gewilde sport betrokke te kry.

Een van ons lede, John Gardiner, het besluit dat iets nou gedoen moet word om te voorkom dat die plaaslike klub binnekort uit net ‘n klomp bejaardes bestaan. 

Hy en sy vrou, Lois, het daarin geslaag om 24 entoesiastiese skoliere van die Overhills gemeenskap om 16:00 by die bane te kry. Hulle was onder die toesig van Theo Hlongwana en gretig om uit te vind of hulle van tennis gan hou. Hulle is gebring en weer om 17:30 opgelaai deur die huurmotorbestuurder, Mxo.

Die klub se afrigter, Hannelize Upsher, het met balle en rakette opgedaag en met behulp van Kevin Ravno en Antoinette Alberts begin om die kinders beurtelings ‘n idee van die spel te probeer gee. Sommige van die kinders het sommer dadelik aanleg getoon maar hoofsaaklik het dit daaroor gegaan om die kinders die genot te laat ervaar van om  jou maats op die tennisbaan te ontmoet vir ’n bietjie gesonde oefening.

Daar word nou gehoop dat die kinders van Proteadorp en Kleinmond volgende Sondag by hierdie groep sal aansluit. Ouers en ander volwassenes is natuurlik ook baie welkom, veral as hulle dalk behulpsaam wil wees met die organisasie van die middag se aktiwiteite. 

Kontak Kleinmond Tennis Klub as jy  deel wil word van Kleinmond se nuwe tennisoplewing!

Opwindende Tennis

Kleinmond Tennis Club

Kleinmond Tennis Club is a non-profit sports club with four all-weather courts open to members and non-members for games of tennis and pickleball. Open seven days a week, Kleinmond Tennis Club offers exclusive court use to members on Wednesdays, Saturdays and public holidays. Non-members are welcome...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Kleinmond!
Read More

Other Articles

Finding Safety in Your Own Body

Finding Safety in Your Own Body

Our bodies are the container within which we live.

Surviving the Narcissist

Surviving the Narcissist

There comes a moment after leaving a narcissistically abusive relationship when you realise something unexpected.

Overstrand UIF dates for March and April 2026

Overstrand UIF dates for March and April 2026

The Department of Labour will be in the Overstrand on the following dates.

Beef Tjips

Beef Tjips

Jan Biltong’s Beef Tjips are premium, bite-sized snacks made from beef droëwors (dried sausage) without casings.

Jan Biltong Kleinmond
Why Your Nervous System Still Feels on Edge After Narcissistic Abuse

Why Your Nervous System Still Feels on Edge After Narcissistic Abuse

Leaving a narcissistic abusive relationship often brings a moment where people say to you, “At least the worst is over.”

Dive Into the Deep Blue with the Right Gear!

Dive Into the Deep Blue with the Right Gear!

Come and take a look at our watersport essentials, designed to elevate your dive and swim experience to the max.

See All Articles