"Ek wil graag vir Christo van Christo Electrical bedank vir eerlike diens. Ek was onder die indruk dat ons huis se aardlekkasie onklaar was en het hom gevra om dit te kom vervang. Hy het met n nuwe aardlekkasie onder die arm uitgekom, die bestaande een getoets en my daarop gewys dat dit gereeld met die toetsknoppie getoets behoort te word. Aangesien ek dit nie gereeld gedoen het nie was dit bloot stram en onnodig om te vervang. Sulke eerlike diens is pryswaardig." - Nico Grobler
