Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Zoetendal Akademie / Academy

Image

Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Drome word waar!

Zoetendal Akademie se jarelange droom om hul eie sportgronde te besit, is besig om vandag 'n werklikheid te word. Die Kaap Agulhas Munisipaliteit het grondvoorbereiding goedgekeur en die werk het reeds begin.

Ons is werklikwaar opgewonde oor hierdie geskiedkundige oomblik en positiewe stap in die skool se groeiproses! Ons beskou die skool as ‘n integrale deel van ons gemeenskap, en ons hartsbegeerte is om die plaaslike kinders die beste moontlike geleenthede te gee om hulself te ontwikkel.

Die ontwikkeling van die sportgronde is ‘n uiters noodsaaklike stap in daardie rigting en sal help om ons drome vir ons kinders en ons gemeenskap waar te maak.

Fase een van die plan is om eers die perseel skoon en gelyk te maak om ‘n atletiekbaan en rugbyveld te vestig. As die fondse beskikbaar is, wil ons graag ‘n mooi estetiese heining rondom die sportgronde oprig sonder om toegang vir die gemeenskap na die gronde te versper.

Geen melkhoutbome sal verwyder word nie; slegs bome wat die atletiekveld versper, sal verwyder word. Die skool beplan ook ‘n aanplantingsprogram om bome op strategiese plekke te vervang sodra die projek afgehandel is.

Ons glo die plaaslike gemeenskap, sowel as die wyer gemeenskap, gaan baie baat vind by hierdie ontwikkeling aangesien dit toeganklik sal wees vir almal vir rekreasiedoeleindes en ook vir die skool om sportgeleenthede aan te bied.

Meer inligting oor die beplande ontwikkeling van die sportgronde sal beskikbaar wees by die skool en u is welkom om kontak te maak met die skoolhoof, Andre Cruywagen, by die skool, tel. 083 657 6177 of per e-pos by kulucruywagen@gmail.com.

Francois Viljoen is die lid van die Skoolbeheerliggaam wat die tegniese aspekte van die projek bestuur, en u kan hom ook by die skool kontak.

Ons vra die gemeenskap van Agulhas en Struisbaai om asseblief in te koop by hierdie droom en 'n positiewe bydrae te maak tot ons kinders se toekoms en drome.

SBL Zoetendal Akademie

Zoetendal Akademie Realiseer Sportgronde Droom

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy in L'Agulhas is an independent, dual-medium school offering quality education from Grade RR to Grade 7. Fully accredited by the Western Cape Education Department (WCED) and UMALUSI, Zoetendal Akademie / Academy follows a rigorous, CAPS-aligned curriculum that combines ac...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Change Your Mindset, Change Your Life

Change Your Mindset, Change Your Life

Nothing changes outside unless it changes inside first.

Give Your Metalwork a Fresh Coat of Paint

Give Your Metalwork a Fresh Coat of Paint

Everyone remembers to repaint the walls, but gutters, gates, garage doors, burglar bars and palisade fencing...

Why Investing in Yourself Is Essential for Business Success

Why Investing in Yourself Is Essential for Business Success

You are irreplaceable - do you treat yourself as such?

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.

Gans-Berg Nuus / News
Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai