Blog

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

L’Agulhas Bowls Club

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

Wat ’n lekker aand het ons Vrydag, 26 Junie, gehad toe ons die eerste van ons beplande maandelikse sosiale aande by die rolbalklub ná plaaties afgeskop het!

Soos Rolbal lid André Krathz dit mooi gestel het: “Dit was ’n dag vir die boeke. Dit was so lekker om saam te kuier en gesels met almal.”

Byna 50 lede, vriende en familie het saamgekuier vir ’n ontspanne, lekker sosiale aand met ’n warm en gesellige atmosfeer.

Die aand was ook ’n fondsinsameling vir die klub, en ons is baie dankbaar teenoor Elim Slaghuis in Bredasdorp vir die mooi verpakte braaipakke.

’n Groot dankie aan Fanie du Plessis wat almal verwelkom het en gehelp het om die aand so ’n sukses te maak.

’n Spesiale dankie ook aan die dames wat die aand gereël het en agter die skerms so hard in die kombuis gewerk het julle moeite word opreg waardeer.

Daar was selfs tyd vir ’n bietjie aandrolbal onder die spreiligte terwyl die braai aan die gang was die perfekte kombinasie van lekker geselskap, lekker kos en ’n bietjie vriendelike kompetisie.

Die middag en aand is deur almal terdeë geniet, en lede het reeds gevra dat dit ’n gereelde maandelikse instelling word. Ons sien uit daarna om julle by die volgende een te sien!

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

L’Agulhas Bowls Club

L’Agulhas Bowls Club welcomes experienced lawn bowls players and newcomers to join them for friendly games and relaxed social events. Club days are Wednesdays, Fridays and Saturdays. For added bowling satisfaction L'Agulhas Bowls Club provides floodlit bowling greens for evening play. Three qualif...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!

Gans-Berg Nuus / News
How to Change Limiting Beliefs and Build Self-Worth

How to Change Limiting Beliefs and Build Self-Worth

Have you ever caught yourself saying, “I need to fix myself”?

A Flamboyance of Flamingos at De Hoop Vlei

A Flamboyance of Flamingos at De Hoop Vlei

Did you know that a group of flamingos is called a flamboyance?

De Hoop Collection
Solar Installation at Fish ’n More in Struisbaai

Solar Installation at Fish ’n More in Struisbaai

AllSolar Overberg recently completed a substantial solar installation at Fish ’n More restaurant in Struisbaai.

AllSolar Overberg
How to Overcome Limiting Beliefs and Grow Your Business

How to Overcome Limiting Beliefs and Grow Your Business

When you step out of the box, you discover a new world that awaits.

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai