Brons vir L'Agulhas by Bonnievale Inter-dorp Toernooi!
Saterdag, 16 Mei 2026, het ses Bolandse dorpe in heerlike winterweer teen mekaar meegeding tydens die jaarlikse Bonnievale Inter-dorp Toernooi.
Ons L’Agulhas-spanne het pragtig gespeel en ’n baie verdienstelike derde plek (uit 6 dorpe) behaal met 53 punte!
Die Finale Uitslae:
• Eerste: Montagu - 61 punte (wenners van die trofee en R5 500 prysgeld!)
• Tweede: Bonnievale - 60.5 punte
• Derde: L’Agulhas - 53 punte
• Vierde: Kleinmond (50)
• Vyfde: Bredasdorp (44.5)
• Sesde: Robertson (31)
Ons Spanne op die Bane:
• Span 1: Jacques Prins, John Woodcock, Adrian van Zyl
• Span 2: Francina Cumpsty, Pieter Roux, Geoleen Engelbrecht
• Span 3: Piet van Wyk, Estelle Madden, Diane Möller
• Span 4: Fanie du Plessis, Reynier Möller, Mike Yiannakis
’n Groot dankie aan die borg, Personal Trust en aan Bonnievale Rolbalklub vir hul fantastiese gasvryheid en die heerlike etes. Dit was ons derde jaar op hierdie gewilde toernooi, en ons sien nou al uit na volgende jaar!







