Blog

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

L’Agulhas Bowls Club

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

Wat ’n lekker aand het ons Vrydag, 26 Junie, gehad toe ons die eerste van ons beplande maandelikse sosiale aande by die rolbalklub ná plaaties afgeskop het!

Soos Rolbal lid André Krathz dit mooi gestel het: “Dit was ’n dag vir die boeke. Dit was so lekker om saam te kuier en gesels met almal.”

Byna 50 lede, vriende en familie het saamgekuier vir ’n ontspanne, lekker sosiale aand met ’n warm en gesellige atmosfeer.

Die aand was ook ’n fondsinsameling vir die klub, en ons is baie dankbaar teenoor Elim Slaghuis in Bredasdorp vir die mooi verpakte braaipakke.

’n Groot dankie aan Fanie du Plessis wat almal verwelkom het en gehelp het om die aand so ’n sukses te maak.

’n Spesiale dankie ook aan die dames wat die aand gereël het en agter die skerms so hard in die kombuis gewerk het julle moeite word opreg waardeer.

Daar was selfs tyd vir ’n bietjie aandrolbal onder die spreiligte terwyl die braai aan die gang was die perfekte kombinasie van lekker geselskap, lekker kos en ’n bietjie vriendelike kompetisie.

Die middag en aand is deur almal terdeë geniet, en lede het reeds gevra dat dit ’n gereelde maandelikse instelling word. Ons sien uit daarna om julle by die volgende een te sien!

Sosiale Aand by die L’Agulhas Rolbalklub

L’Agulhas Bowls Club

L’Agulhas Bowls Club welcomes experienced lawn bowls players and newcomers to join them for friendly games and relaxed social events. Club days are Wednesdays, Fridays and Saturdays. For added bowling satisfaction L'Agulhas Bowls Club provides floodlit bowling greens for evening play. Three qualif...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Marine Dynamics Volunteers Go Beach Riding

Marine Dynamics Volunteers Go Beach Riding

Some of Marine Dynamics' volunteers had the best time this weekend.

Exclusive Beach Horse Riding

Exclusive Beach Horse Riding

Another reason why our trails are so popular is our exclusivity.

An Unforgettable Horse Riding Experience in Gansbaai

An Unforgettable Horse Riding Experience in Gansbaai

Review from happy clients!

A Bucket-List Experience

A Bucket-List Experience

Luna, one of our speedsters, making this guest's bucket-list dreams come true!

L’Agulhas sterk verteenwoordig by Bredasdorp Mixed Classic

L’Agulhas sterk verteenwoordig by Bredasdorp Mixed Classic

’n Sterk groep van 20 spelers van L’Agulhas Rolbalklub het op 15 en 16 Augustus aan die Bredasdorp Mixed Classic...

L’Agulhas Bowls Club
A Horse Riding Experience to Remember

A Horse Riding Experience to Remember

For a ride that you will remember for the rest of your life!

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai