L’Agulhas sterk verteenwoordig by Bredasdorp Mixed Classic
’n Sterk groep van 20 spelers van L’Agulhas Rolbalklub het op 15 en 16 Augustus aan die Bredasdorp Mixed Classic, geborg deur ProVert Risk Management, by Bredasdorp Rolbalklub deelgeneem.
L’Agulhas was uitstekend verteenwoordig met vyf van die 12 spanne wat aan die toernooi deelgeneem het. Elke span het uit twee mans en twee dames bestaan. Die formaat was drie wedstryde van 15 koppe op Saterdag en nog drie op Sondag. Ná die eerste ronde is daar volgens “Strength vs Strength” gespeel.
Dit was ’n sterk en mededingende veld, met verskeie Boland-spelers wat aan die toernooi deelgeneem het. Die L’Agulhas-spanne het deurgaans hard meegeding en die klub met trots verteenwoordig.
Alita van Zyl, Smiley van Zyl, Johna Giliomee en Jantjies Giliomee het besonder goed gevaar en ’n uitstekende vierde plek behaal.
Baie geluk aan al 20 spelers wat L’Agulhas Rolbalklub so goed verteenwoordig het.

VLNR: Dehan Marais (Pro Verte Risk Management) Smiley van Zyl, Alita van Zy, Johna Giliomee en Jantjies Giliomee.

Die vyf spanne van L’Agulhas Rolbalklub.







