Blog

Kuier In Struisbaai Hawe

Kuier In Struisbaai Hawe

The Overberg Business and Lifestyle Magazine

Kuier In Struisbaai Hawe

Geskryf deur Eloïse Krige

Kom kyk…

Catch Cook Restaurant and Beach Bar is geleë in Struisbaai Hawe. Die 600-sitplek restourant het binne en buite plek waar gaste hulle kan tuismaak terwyl hulle met hul voete in die sand, 'n verfrissende drankie in die hand, oor die turquoise water uitkyk en ook die plaaslike vissermanne dophou wat hulle daaglikse take verrig. Struisbaai is bekend vir sy Pylsterte wat lui-lui in die hawe rondkuier, 'n besonderse gesig wat lank in die geheue bly. Daar is met tye tot vyf van hulle op een slag in die hawe te sien. Die omgewing is regtig pragtig en net 'n besoek sal werklikwaar waardering vir die besonderse ligging van die restourant kan gee. Die restourant self spog met pragtige dekor en kunswerke. Plaaslike fotograwe se foto's pryk ook teen die mure en alles is stylvol en pas mooi by die omgewing.

Kom ervaar...

Die vakansieprogramme by Catch Cook word gekenmerk deur optredes van bekendes soos Bok van Blerk, Valiant Swart en Albert Frost. Die drie manne het reeds in Desember 2019 hier opgetree. Die besoekers kan op eko-bootritte gaan, visvang en kajak ry. Vir dié wat van adrenalienbelaaide ervarings hou, is daar selfs hoëspoed bootritte. Die eienaar van Catch Cook Restaurant and Beach Bar was die hoof borg van die Aquila Safari Trans Agulhas Challenge in Desember 2019.

Kom proe...

Alhoewel kontinentale en buffet ontbyte slegs tydens die vakansie beskikbaar is kan u gerus die ã la carte middagetes en aandetes beproef. Catch Cook fokus op seekos, maar die algemene gunstelinge soos burgers, steak en ribbetjies is ook beskikbaar. Sushi is nou ook op die spyskaart. Vegetariese opsies is beskikbaar en die restourant is Halaal vriendelik. Die seekosborde met diepgebraaide stokvis, mossels, garnale, kreefsterte, kalamari, rys en skyfies met tartare sous, trek beslis aandag. Ons kan ook in die toekoms nog uitsien na pizza vars uit die pizza-oond!

Kom ontspan...

Die restourant is ook geskik vir korporatiewe geleenthede en jaareindfunksies. Die enorme spasie maak groot familie-etes ook moontlik. Hier kan natuurlik ook 'n spog troue aangebied word! Hierdie lokaal maak voorsiening vir alle lede van die gesin. Die jongspan het hulle eie geregte op die spyskaart waarvan hulle kan kies. 

Terwyl die ouers lekker kuier geniet die kinders die buite speelarea, sandput en natuurlik die enorme seerower springkasteel. In die winter sal daar 'n speelarea binne wees. Vir die winter wat voorlê, het Catch Cook kaggels wat 'n snoesige atmosfeer skep terwyl die groot glas vensters die winterweer buite hou. Alhoewel die restourant tydens Desember 2019 op 'n self-help manier gefunksioneer het, word die gaste nou deur kelners by hulle tafels bedien.

Sien jou binnekort...

Catch Cook wil graag een en elke persoon en besigheid wat hulle so getrou ondersteun, hartlik bedank. Besoek gerus hul webtuiste vir verdere inligting.

Catch Cook is onder normale omstandighede oop 7 dae ‘n week vanaf 09h00 tot 21h00. Hou die grendelstatus regulasies dop. Sodra die verbod op die aflewering van voedsel gelig is, gee hul die inwoners en besoekers van Struisbaai en Agulhas die geleentheid om heerlike restourant etes te geniet in hul eie huis. Streng higiëne protokol is in plek en alle etes sal voorberei word met die hoogste kwaliteit en gesond-heidspraktyke in plek. Om te bestel, gaan na hul webtuiste om die “home delivery menu” te sien.  Daar kan ook direk deur die webtuiste se “ Whatsapp” funksie bestel word.

Kuier In Struisbaai Hawe

Eloïse Krige

The Overberg Business and Lifestyle Magazine represents the interests of business owners in the Overberg by providing them with an online platform to effectively advertise and promote their businesses. Based in Struisbaai, The Overberg Business and Lifestyle Magazine has extensive experience in proj...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Other Articles

Snack Platters

Snack Platters

Let us handle the feast! Old Cape Last Trading Post offers a variety of mouthwatering platters for pre-order.

Fresh Yellow Tail

Fresh Yellow Tail

Enjoy the delicious flavours of the sea at Old Cape Last Trading Post!

PIZZA TIME at Old Cape Last Trading Post!

PIZZA TIME at Old Cape Last Trading Post!

Craving pizza? Order for sit-down, take-away, or delivery at Old Cape Last Trading Post.

Join CABA's Year Kick-Off Celebration!

Join CABA's Year Kick-Off Celebration!

Enjoy a night of culinary delight and live entertainment featuring the talented Liza Struwig! 

Weekend Feasting at Old Cape Last Trading Post!

Weekend Feasting at Old Cape Last Trading Post!

Gather your friends and family for a weekend treat at Old Cape Last Trading Post.

Daily Fresh Yellowtail on the Braai

Daily Fresh Yellowtail on the Braai

Fresh, grilled yellowtail straight off the coals is now available daily at Old Cape Last Trading Post!

See All Articles

Top Attractions in Agulhas & Struisbaai