Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

Gans-Berg Nuus / News

Image

Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

In gevolge ‘n aankondiging deur Overstrand Munisipaliteit, moet motoriste kennis neem van die sistematiese sluiting van strate in Hermanus vir die volgende twee maande - vanaf Maandag, 26 Februarie 2024 tot 19 April 2024, indien alles volgens plan verloop. Die padsluitings is nodig vir konstruksiewerk aan strate, asook opgraderings.

Gedeeltelike padsluitings is geskeduleer vir rondom die nuwe ‘Massbuild Retail/Builders Express’ gebou by die ou Sirkusgronde in Hermanus. Motoriste moet op enige gegewe tydstip bedag wees op bewegende toerusting, padwerkers en padvernouings. Die volgende strate word hierdeur geraak: R43 Hermanus Hoofweg, Mimosastraat, Mountainrylaan, Musselweg en De Goedestraat. Na gelang van weersomstandighede kan moontlike aanpassings met die sluit van strate gemaak word, maar ompaaie is reeds geïdentifiseer. Overstrand Verkeersbeamptes en padbeamptes kan moontlik ontplooi word om die situasie te monitor en die verkeer te reguleer om minimale ontwrigtings te verseker.

Overstrand Munisipaliteit waarsku dat hierdie gedeeltelike sluitings tot ontwrigting van normale reistye vir motoriste kan lei, wat vertragings tot gevolg kan hê. Motoriste word aangeraai om hul reistye dienooreenkomstig te beplan, die aanbevole alternatiewe roetes te oorweeg en te alle tye versigtig te wees wanneer hulle wel die strate gebruik.

Starte wat vir opgradering vanaf Maandag, 26 Februarie 2024 gesluit sal wees, is:

**Die inkomende laan (in die rigting van Hermanus CBD) vir die R43/Hoofweg tussen Mountainrylaan en De Goedestraat, sal vanaf 09:00 tot 15:00 gesluit wees.

**Musselweg sal tussen die bestaande Builders Express-gebou en die R43/Hoofweg gesluit wees.

**Mountainrylaan sal vir deurverkeer (slegs plaaslike verkeer) tussen Duikerstraat en die R43/Hoofweg gesluit wees. Let asseblief daarop dat dit níé die seinbeheerde kruising by Hoofweg / Mimosaweg / Bergrylaan is nie.

Die Munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief wat gedurende hierdie tydperk veroorsaak sal word. Daar sal voortgegaan word om motoriste gereeld op hoogte van sake te hou, sodra nuwe inligting beskikbaar is.

(Bron: Engelse kennisgewing - Overstrand Munisipaliteit)

 
Hardus Botha
Sluiting van Hermanusstrate vir Twee Maande

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Why You're Missing Life by Waiting for Tomorrow

Why You're Missing Life by Waiting for Tomorrow

Enjoy today, stop holding out for tomorrow.

How to Stop Fighting Yourself and Find Inner Peace

How to Stop Fighting Yourself and Find Inner Peace

You don't have to live in a constant battle with yourself.

The Hidden Cost of Experience

The Hidden Cost of Experience

I've started wondering whether experience has a hidden cost.

C Beyond Health
SASSA DATES FOR AUGUST 2026

SASSA DATES FOR AUGUST 2026

The South African Social Security Agency (SASSA) will be in the Overstrand on the following dates from 09:00 - 15:00.

Experience the Magic of The Metropolitan Opera

Experience the Magic of The Metropolitan Opera

Step into the world of world-class opera as Verdi's Aida comes to the big screen at Road House Cinema.

Road House Cinema
New Cardio Equipment Has Arrived at PROactive Fitness Hermanus!

New Cardio Equipment Has Arrived at PROactive Fitness Hermanus!

Introducing the Technogym Wave Crossover, the second of our two brand-new Technogym machines.

See All Articles