Blog

Sitroengras Essensiële Olie

Sitroengras Essensiële Olie

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Sitroengras Essensiële Olie

(Cymbopogon citratus and Cymbopogon flexuosus)

Mense vind jou verfrissend en interessant, jy kry ander aan die gang, jy moedig ander graag aan en ‘n oggendstort is ononderhandelbaar!

Jy wil praktiese raad hê en konkrete hulp aanbied. En jy is soggens ‘n bietjie stadig uit die blokke ...

Jy en Sitroengras is pasmaats!

Agtergrond

Aangesien essensiële olies ons huise in pragtige verpakking bereik, is ons soms onbewus van die mense agter die skerms.

Sitroengras word in Indië, Suid-Afrika en verskeie ander ontwikkelende lande geoes. Dit is arbeidsintensief, en wat ons as 'n relatief goedkoop olie beskou, soos bv. sitroengras, is op 'n manier nie goedkoop gegewe die handearbeid wat betrokke is nie. 

Die olie word met stoomdistillasie uit die vars of gedeeltelik gedroogde blare verkry.

Terapeutiese gebruike van Sitroengras

Emosionele bystand:

• Sitroengras word algemeen  in verfrissende stort-en badprodukte gebruik - jy sal ’n magdom opsies op die internet kry. 
• Dié vars skoon reuk het ‘n baie positiewe uitwerking op wakkerheid en  positiwiteit,  konsentrasie, oggend-knorrigheid en vlugvoosheid.
• Die dien ook as effektiewe tonikum en stimulant.
• Mense wat deur trauma geaffekteer is, benodig dikwels hulp om linkerbreinfunksies soos logiese denke, geheue, redeneervermoë, aandagspan en probleemoplossing te bevorder. 
• Volgens Fischer-Rizzi, het sitroengras ‘n intense stralende energie, en stimuleer dit  die linkerbrein.  

Sitroengras meng goed met: 

Basiliekruid, swartpeper, sederhout, sipres, en malva - almal olies wat fokus en konsentrasie verbeter. 

Die volgende kombinasie van olies is aangenaam en baie nuttig vir helder denke:

• 2 druppels basiliekruid 
• 1 druppel swartpeper
• 3 - 5 druppels sitroengras

Gebruik 5-8 druppels van die mengsel in 'n diffuser, of meng op 10ml draerolie in 'n rollerbotteltjie om die nek, slape, polse, agter die knieë en die agterkant van die hande te masseer. (Dit is net waar die vel dunner is en are nader aan die oppervlak is om die olies warm te maak - geen ander geheimsinnige rede nie!)

Net 'n herinnering dat 'n diffuser verreweg die beste manier is om essensiële olies te gebruik, aangesien die olies deur ons reukstelsel toegang tot die limbiese brein verkry, en so help om  veg-, vlug- en vriesreaksies te reguleer.

Bronne: 

Battaglia, S.
The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.
The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003.
P223-224.

Davis, P.
Aromatherapy an A-Z
The C. W. Daniel company limitedEssex, England, 1988.
P204-205.

Fischer-Rizzi, S. 
Complete aromatherapy handbook
Sterling Publishing Co., Inc. New York, 1989
p.125-127.

Ranger, H.
Everybody’s Aromatherapy
Tafelberg Publishers, Cape Town South Africa 
P 50.

Worwood, V. A.
The complete book of Essential oils and Aromatherapy, 
New World Library, Novato, California, 2016, 
p.136, 599)  

Sitroengras Essensiële Olie

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils

Mirre & Kaneel Essensiële Olies / Essential Oils, located in Harbour Road, Kleinmond, is your go-to health shop for all-natural wellness products. Carina Falck, the owner, is an experienced aromatherapist and holds a Level 1 Bach Flower Remedy Certificate of Attendance. Mirre & Kaneel is centred on...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Kleinmond!
Read More

Other Articles

Seeing the Horizon Again

Seeing the Horizon Again

There is a moment that arrives in many entrepreneurial journeys that often goes unnoticed.

When the Leader Stops Looking Up

When the Leader Stops Looking Up

One of the quiet realities of entrepreneurship is that businesses often become reflections of the emotional and mental state of the people leading them.

Water-Based vs Solvent-Based Primer

Water-Based vs Solvent-Based Primer

A great paint finish starts with the right primer!

Your Business Grows When You Do

Your Business Grows When You Do

As entrepreneurs, we are taught to focus on growth.

The Questions Beneath the Questions

The Questions Beneath the Questions

Entrepreneurs spend much of their lives looking outward.

The Seduction of Safety

The Seduction of Safety

There is a point in many entrepreneurial journeys where success begins to create an unexpected challenge.

See All Articles