Blog

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Gans-Berg Nuus / News

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Gedurende die eerste naweek van September 2024 het die Overstrand Munisipaliteit se Wetstoepassers se georganiseerde en oplettende patrollies gelei tot verskeie inhegtenisnames vir die onwettige besit van kreef en perlemoen in die hele streek. Die week se suksesse het begin met 'n operasie op die R43 naby Honingklip. Die Rapid Response Unit het ‘n verdagte in hegtenis geneem, nadat daar 466 volledige Weskus Rock Lobsters (WCRL), 2 012 kreefsterte en 221 kreefsterte met eiers in sy voertuig gevind is. Die stop-en-deursoek van voertuie was deel van voortgesette misdaadvoorkomings- en padpolisiëringsoperasies. ‘n 41-jarige man van Mitchell's Plain word van die onwettige besit en vervoer van 'n buitensporige hoeveelheid kreefsterte aangekla. Die wettige hoeveelheid kreef per individu is slegs vier krewe per permit. In Gansbaai het 'n Wetstoepasser 'n verdagte met 74 alikreukels en een ondermaat-perlemoen in hegtenis geneem. Verder langs die kus het die Taakspan 'n man van Kleinmond met 25 perlemoene en 11 alikreukels in inkopiesakke, in hegtenis geneem. Die Taakspan het Sondag op 3 277 onwettige perlemoen en 'n silwer BMW op die R43 naby Misty Mountains beslag gelê. 'n 33-jarige man van Gansbaai is in hegtenis geneem en aan die Stanford-polisie oorhandig.

Die tweede groot vonds is langs die N2 naby Langhoogte gevind toe 'n Provinsiale Verkeersbeampte hulp versoek het om 'n verdagte voertuig voor te keer. Nadat hulle die silwer Toyota Etios met 'n CY-registrasienommer deursoek het, het beamptes van die Taakspan 17 deurskynende sakke met 2 466 perlemoen ontdek, wat onder 'n swart plastiekseil versteek was. In 'n onverwante voorval was die Grondinvalseenheid, wat deel is van die Taakspan, besig om 'n onwettige struktuur in Masakhane, Gansbaai te sloop, toe hulle 697 onwettige perlemoen verlate in die struktuur aangetref het. Nog 'n positiewe verwikkeling het gekom toe 'n gesteelde voertuig teruggevind is en 'n verdagte in hegtenis geneem is. Die Overstrand Munisipaliteit se K9-eenheid het op inligting gereageer en daarin geslaag om die voertuig, wat in Bishop Lavis gesteel is, op te spoor. Die voertuig is aan die Hermanus-polisie oorhandig.

Uitgereik deur Overstrand Munisipaliteit

Verdagtes Vasgetrek vir Perlemoen, Kreef en Motordiefstal

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Reliable Connectivity Infrastructure

Reliable Connectivity Infrastructure

Good businesses invest in infrastructure you don’t see.

Orca Technologies
Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

26 June 2026: Takura Terry

26 June 2026: Takura Terry

Please note that due to unforeseen circumstances, "Down Memory Lane" has been postponed to a later date.

La Cantina Stanford
HAVE A MUNICIPAL ACCOUNT QUERY?

HAVE A MUNICIPAL ACCOUNT QUERY?

VISIT THE MASAKHANE OUTREACH ON 29 JUNE 2026.

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

See All Articles