Blog

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

Gans-Berg Nuus / News

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

“Hulle noem my die ‘Asma-mannetjie’ as gevolg van my asmaprobleme,” vertel Willie Theunissen (57), ‘n afgetredene van Blompark. Hy mag miskien as die ‘Asma-mannetjie’ bekendstaan, maar ‘n beter voorbeeld vir ander mense is daar nie. Oorkant Willie se woning in Leeubekkiestraat 89, Blompark is munisipale gronde waarvan gemeenskapslede ‘n ‘stortingsterrein’ gemaak het. Die munisipaliteit het kom skoonmaak, maar kort daarna was dit weer dieselfde. “Ek het besluit om iets aan die onooglikheid te doen en het ‘n bord, wat die storting van vullis verbied, daar opgerig en besluit om ‘n struik- en blomtuin daar te vestig.” Hy is na Gansbaai Stortingsterrein waar hy ‘flenter’ struike en plante, wat weggegooi is, opgetel het en na sy huis geneem het. Daarna het verskeie besoeke aan die stortingsterrein gevolg. Die weggooi-plantjies is in potjies geplant en het begin groei, of soos Willie sê: “Dit is ‘lewendig’ gemaak en ek het dit in die tuin geplant - wat vandag ‘n gevestigde sieraad vir die oog is.” Die naam van Willie se tuin is ‘Leeubekkiestraat se Gemeenskapstuin’. Dit is ironies dat Willie destyds aangekla is oor die tuin wat hy op munisipale grond gevestig het. Kat Myburgh, voormalige Areabestuurder, moes besoek aflê om te sien waaroor die klagte gaan. “Ek is só dankbaar dat mnr Myburgh gesê het as almal maar net wil doen wat ek doen, sal hy baie dankbaar wees,” vertel Willie met ‘n glimlag.

Skole, kerke, organisasies en mense wat troues en begrafnisse reël, kom pluk gereeld blomme in die tuin wanneer dit beskikbaar is - “alles gratis, aangesien ek alles gratis by die stortingsterrein kry.” In sy huis is pragtige potplante wat ‘optelgoed’ was wat hy geplant het. “Ek het ‘groen vingers’, net soos my oorlede pa, dit maak nie saak hoe stukkies plante lyk nie, as ek dit geplant het, groei dit.” “Dit is pragtig om so baie gemeenskapsdinge op byvoorbeeld Mandeladag te doen, maar wat van die res van die jaar? Dan doen ek eerder bietjie vir bietjie elke dag om ons omgewing beter te laat lyk,” het Willie gesê. “Ek lees iewers in die Bybelboek, Spreuke, dat mens nie net een dag moet goed doen nie, maar elke dag.” Willie het ook ‘n geheuestokkie met geestelike musiek wat hy Sondae in die kerk sing. Die naam van Willie se vrou is Rosie (nogal ‘n gepaste naam saam met sy tuinliefde!) en hulle het ‘n seun en ‘n dogter. “Wanneer mense hul tuine skoonmaak en uitdun, moet dit nie weggooi nie - bring dit vir my by Leeubekkiestraat 89, ek sal dit gebruik.” Willie se selnommer is 063 159 3464.

Hardus Botha

‘Asma-mannetjie’ Voorbeeld vir Ander

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Reliable Connectivity Infrastructure

Reliable Connectivity Infrastructure

Good businesses invest in infrastructure you don’t see.

Orca Technologies
Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

26 June 2026: Takura Terry

26 June 2026: Takura Terry

Please note that due to unforeseen circumstances, "Down Memory Lane" has been postponed to a later date.

La Cantina Stanford
HAVE A MUNICIPAL ACCOUNT QUERY?

HAVE A MUNICIPAL ACCOUNT QUERY?

VISIT THE MASAKHANE OUTREACH ON 29 JUNE 2026.

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

See All Articles