Blog

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

Gans-Berg Nuus / News

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

“By ons was dit letterlik ‘n geval van ‘om te groet’ en ‘om te verwelkom’,” vertel Michelle van Zyl, eienaar van Gans-Berg Nuus. “Melissa van der Merwe gaan ons verlaat en Alethea Baytopp het by ons aangesluit.” Die amptelike datum van hierdie ommeswaai is 11 Mei 2022, maar Alethea het geruime tyd gelede al met haar opleiding by Melissa begin.

“Melissa was van dag een af saam met my toe ek die wilde perd van ‘n weeklikse, gemeenskapskoerant opgesaal het,” het Michelle gesê. “Ons het dus saam ‘n hele paar sakke sout opgeëet en deurgaans was sy ‘n ware staatmaker en ek wens haar net die beste toe met die besluit wat sy geneem het.” Michelle sê sy twyfel nie daaraan dat Alethea die regte aanstelling as grafiese ontwerper is nie. “Alethea het reeds gewys dat sy ‘n goeie keuse was. Sy is entoesiasties oor ons koerant en was ook ‘n vinnige leerder.”

 
Melissa van der Merwe (Regs)

Melissa was vanaf dag een saam met Michelle aktief by die begin en vooruitgang van Gans-Berg Nuus betrokke. Die eerste uitgawe het op 3 Julie 2020, in die pandemie-tydperk, op die rakke verskyn. Van toe af was dit net skouer aan die wiel en Melissa spog met meer as 100 uitgawes wat deur haar uitgelê is.

Met Gans-Berg Nuus se unieke resepteboek, was Melissa ook ‘n onmisbare regterhand vir Michelle. Dit was letterlik dag-en-nag om die spesiale resepteboek gereed te kry vir bekendstelling. 

Melissa is op 30 November 1990 in Worcester gebore, waar sy ook grootgeword het. Sy het ‘n pragtige dogtertjie, Lisa (8) wat in Gr 3 is. In 2009 het sy permanent na Gansbaai verhuis, waar sy aanvanklik as grafiese ontwerper by Grazy Design & Printing gewerk het. Sy sê haar passie in die lewe draai hoofsaaklik om grafiese ontwerp en fotografie. 

Melissa het groot toekomsplanne, maar wil nog nie alles verklap nie. “Ek gaan vir eers aangaan met grafiese ontwerp vanuit my woning, maar wag nog dat my eintlike toekomsplanne moet realiseer,” vertel sy en ‘zip’ haar mond net daar!

 
Alethea Baytopp (Links)

Alethea was ‘n bekende by Groeneweide Restaurant & Kwekery waar sy hulle Sosiale Media Bemarker was. Soos Melissa, is Alethea ook ‘n knap grafiese ontwerper met niks wat vir haar ‘rekenaarvingers’ verkeerd staan nie.

Alethea is op 21 Desember 1986 in die Kaap gebore, maar het in Pretoria grootgeword. In Augustus 2017 verhuis sy saam met haar ouers, Mike en Wilma Baytopp, permanent na Gansbaai. Op 19 Mei 2020 beswyk Wilma aan ‘n hartaanval en Alethea neem die huishouding saam met haar flukse pa oor. Sy het ‘n pragtige seun, Ethan (10), ‘n Gr 4 leerder aan Laerskool Gansbaai.

Soortgelyk as Melissa, is grafiese ontwerp en fotografie ook ‘n passie in Alethea se lewe. “Ek is ook baie lief vir sterrekunde, die see en die natuur,” vertel sy. “Ek sien baie uit na my nuwe verantwoordelikhede by Gans-Berg Nuus en beskou dit as ‘n groot uitdaging,” vertel sy opgewonde. Die kantoorpersoneel het Alethea reeds deeglik leer ken en sien daarna uit om saam met haar te werk.

Nou-ja, soos gesê, daar is ‘n tyd om te groet, maar gelukkig ook ‘n tyd om te verwelkom. “Alles wat mooi is vir jou, Melissa, en hartlik welkom aan jou, Alethea!” - Gans-Berg Nuus personeel. 

 
Hardus Botha

Foto: Links is Gans-Berg Nuus se nuwe grafiese ontwerper, Alethea Baytopp, saam met Melissa van der Merwe wat groet.

Tyd om te groet + tyd om te verwelkom

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Stanford

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Stanford

From all of us at Seeff Walker Bay / Stanford, we wish our valued clients a festive season!

Transform Your Space with Prominent Paints

Transform Your Space with Prominent Paints

For over 40 years, Prominent Paints has been a name South Africans trust.

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

- Specific schedule for Gansbaai mentioned lower down in this notice for the convenience of our holidaymakers.

See All Articles