Blog

Oorlewing van ongeluk net Genade

Oorlewing van ongeluk net Genade

Gans-Berg Nuus / News

Image

Oorlewing van ongeluk net Genade

“Die feit dat ons lewend is en ook sonder baie ernstige beserings is, kan alleenlik aan die genade van ons Hemelse Vader toegeskryf word,” vertel Bennie du Toit van Perlemoenbaai. Bennie en sy eggenote, Elmarie, asook hulle dogter, Elzaan (19) het Saterdag, 7 Mei 2022 ter nouer nood aan die dood ontkom tydens ‘n motorongeluk.

Die gesin was van Hermanus af op pad na Gansbaai. By Sir Robert Stanford Estate, net buite Stanford, het Bennie vir ‘n skilpad uitgeswaai. “Ek moes my misgis het, want die volgende oomblik is die motor oor die pad, dwarsdeur die houtheining,” het Bennie gesê. Met die botsing het die voertuig tussen die twee vertikale houtpale ingebars, met die boonste horisontale paal wat met die impak van die botsing, dwars geswaai het. 

Die paal het letterlik van voor tot agter deur die binnekant van die motor gesteek. Elzaan het voor langs Bennie gesit en Elmarie op die linker agtersitplek. “Toe ek sien wat gebeur, het ek net my kop laat sak en my oë toegemaak,” vertel Elmarie. Die paal is rakelings tussen Bennie en Elzaan deur en het Elmarie se kop en gesig met millimeters gemis (Sien die foto met die geel kring waar haar kop langs die paal se punt was).

Om na die foto’s te kyk en daaraan te dink dat daar geen ernstige beserings of lewensverlies was nie, is om te besef dat dit net aan God se Genade toegeskryf kan word - en al drie van hulle getuig met dankbaarheid daarvan.

St Johns Ambulansdienste, wat met ‘n pasiënt na Hermanus op pad was, was feitlik dadelik op die toneel. Die polisie het ook baie vinnig opgedaag. Bennie het net skrape aan die kant van sy gesig, met steke wat hy in sy kop gekry het. Elmarie sy lyf is vol blou kolle en sy het ook skrape opgedoen. Terwille van moontlike besering wat X-strale benodig het, is Elmarie per ambulans na Hermanus vervoer, maar is direk daarna weer ontslaan. Sy het wel agterna van effense rugpyn gekla. Elzaan se pinkie is potblou, maar sy het gesê dit voel al heelwat beter - “Ek het net verskriklik groot geskrik!”

Bennie is ‘n bekende werknemer van Gansbaai Marine, met Elmarie wat eweneens ‘n bekende Suster by Gansbaai Kliniek is. “Met my verjaarsdag ‘n paar dae na die ongeluk op 11 Mei, het ek opnuut besef hoe dankbaar ons kan wees en dat ek steeds my verjaarsdag saam met my gesin kon vier,” het Elmarie gesê. 

Bennie vertel dat hierdie tyd van die jaar nie goeie nuus vir hom inhou nie. Presies ‘n jaar gelede het hy ernstige kopbesering opgedoen nadat hy met sy fiets in die hawe geval het. ‘n Jaar voor daardie voorval, het hy ook in Meimand onder ‘n trekker, wat omgeval het, beland toe hy iemand se lewe wou probeer red - ook kopbeserings.

Image 1
Image 2
Image 3
 
Hardus Botha
 
Oorlewing van ongeluk net Genade

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Holiday Home Refresh with Prominent Paints

Holiday Home Refresh with Prominent Paints

Which colour palette brings you the most joy this time of year?

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

See All Articles