Blog

Zeeman Bruilof

Zeeman Bruilof

Sonja Walker

Welkom by die Bruilof fees van die Zeeman’s

By vêre een van die mooiste troues wat ek al ooit bygewoon het. Elke dingietjie en gebeurtenis was so uniek en Afrikaans. 
23 September 2017 – Die dag wat die wêreld veronderstel was om te vergaan het hierdie tweetjies besluit om te trou. (die Ds. het dit genoem in die diens- ek het nie eens geweet nie)
Maar nie te min, hier sit ons nog almal.  Gelukkig tog! 
Net so n klip gooi voor Caledon op n stil stofpad sit die mooiste venue De Oudekraal . Ek het die plek vreeslik bewonder, veral toe ons gaan fotos neem het met Elaine en Kobus. Die koring wat soos branders lyk met die windjie wat dit rond waai en die lammertjies wat so mê agter hul mammies aan soos die son begin sak. 
Toe Elaine by die kerk in gestap kom was nie net Kobus in trane nie maar ook sy ma, dit was vir my so spesiaal en moes ek my eie ogies droog maak. 
Die hoogte-punt van hierdie trou vir my was absoluut die Afrikaanse tafel dekor. 
Die tafel name was Afrikaanse volks-liedjies. Die gaste se geskenkies was Takbokkies en Samboksalf. So ongelooflik oulik. Daar was spesiaal n muur uitgesit sodat gaste aan Elaine en Kobus kon boere-raad neer skryf waarna hulle vir ewig kan kyk. 
Die hout bordjies op die troue was voorsien deur www.annononsens.co.za
Die pragtige blomme deur niemand anders as Alsmooi.  Elaine se hare en pragtige grimering is deur die ongelooflike talentvolle Marie Verwey gedoen.  Ds. Roelofse van Hermanus het hulle huwelik bevestig. 
Elaine het n stylvolle en gemaklike rok gedra van Bridal-Lane.
Die dag het mooi afgeloop en die gaste het hulself ongelooflik geniet. Ek en my man Anthony geniet dit vreeslik om saam te werk en ons loer altyd vir mekaar gedurende die diens as ons ietsie nuuts hoor wat ons in ons eie lewe kan aanpak. (op hierdie troue het ons heeltyd na mekaar geloer) Als was vir my so mooi. 
Die musiek keuse op hierdie troue was ONGELOOFLIK! Die gaste was ALMAL op die dansvloer. 
Dans Frikkie Dans was die vermaak. Hulle het vanjaar die “Battle of the Bands” gewen. 
Die koek gebak deur Cakes made by Jude van Gansbaai was bedien as na gereg en mense dit was uit die boeke uit. 
Geniet julle voorsmakie van julle fotos en wees trots op julle ongelooflike mooi dag!  
xoxo 
Sonja

Zeeman Bruilof

Sonja Walker

Proffesional Photographers (Husband and Wife team) specialising in: Weddings Births - home or hospitals (International registered) and all lifestyle shoots. Video and still services.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Stanford

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Stanford

From all of us at Seeff Walker Bay / Stanford, we wish our valued clients a festive season!

Transform Your Space with Prominent Paints

Transform Your Space with Prominent Paints

For over 40 years, Prominent Paints has been a name South Africans trust.

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

- Specific schedule for Gansbaai mentioned lower down in this notice for the convenience of our holidaymakers.

See All Articles