Blog

Die blywende skade wat deur gebrokehartsindroom veroorsaak word.

Die blywende skade wat deur gebrokehartsindroom veroorsaak word.

Gansbaai Pharmacy

’n Studie het gevind dat om aan ’n gebroke hart te ly net soveel langtermynskade aan jou gesondheid kan veroorsaak as hartstilstand. Sowat 3 000 Britte ly elke jaar aan gebrokehartsindroom, ook bekend as takotsubo-sindroom, wat meestal vroue affekteer. Volgens navorsing kan die skielike verhoging in hormone wat deur stresvolle emosionele voorvalle soos die dood van ’n geliefde, ’n egskeiding, verraad of romantiese verwerping veroorsaak word die

hartspier beskadig. Dit kan ook veroorsaak word deur ’n positiewe gebeurtenis, soos om ’n lotery te wen, en in uiterste gevalle kan die slagoffers aan die toestand sterf.

Daar is tot nou toe gedink dat die hart volkome kan herstel, maar navorsing wat in die Journal of the American Society of Echocardiography gepubliseer is, beweer dat die spier werklik skade ly. Dit kan verklaar waarom lyers ’n soortgelyke lewensverwagting het as dié wat hartaanvalle gehad het.

Die sindroom is takotsubo genoem, wat Japannees is vir ‘seekatpot’, want die linkerventrikel – die hart se onderste kamer – het ’n vorm soortgelyk aan dié van ’n vispot.

’n Span van die Aberdeen Universiteit wat befondsing van die Britse Hartstigting ontvang, het 52 takotsubo- sindroompasiënte vir vier maande lank gemoniteer. Hulle het ultraklank- en kardiale MRB-skanderings gebruik om te kyk hoe die pasiënte se harte funksioneer. Die resultate het getoon dat die sindroom die hart se pompaksie permanent beïnvloed het, terwyl gedeeltes van die spier letsels gekry het wat die elastisiteit van die hart beïnvloed het en veroorsaak het dat dit nie meer ordentlik saamtrek nie. Ons het altyd gedink mense wat aan takotsubo-kardiomiopatie ly, sonder mediese hulp volkome sal herstel. Hier is bewys dat hierdie siekte baie meer permanente gevolge het vir die hart van diegene wat daaraan ly.

Sir James Munby, Amerika se mees senior familiehofregter, het gesê dat gebrokehartsindroom die rede is waarom dit so belangrik is dat ouer paartjies in versorgingsplekke nie geskei word nie. Hy het gesê: “Ons weet dat mense aan ’n gebroke hart doodgaan. Hoe lank kan mense oorleef wanneer hulle ontwortel word? ’n Baie kort tydjie.”

Die blywende skade wat deur gebrokehartsindroom veroorsaak word.

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Stanford Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Stanford

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Stanford

From all of us at Seeff Walker Bay / Stanford, we wish our valued clients a festive season!

Transform Your Space with Prominent Paints

Transform Your Space with Prominent Paints

For over 40 years, Prominent Paints has been a name South Africans trust.

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

Overstrand Holiday Refuse Collection: No Changes to Schedule

- Specific schedule for Gansbaai mentioned lower down in this notice for the convenience of our holidaymakers.

See All Articles