Lovely picture of our food and wine in the "Versnit" today, and a nice little review.
"Wat n verrasing. Ons het geweet hulle kan wyn maak, en daarvan sal die pinotage getuig, maar die kos is ook uit die boonste rakke. Hulle hou dit eenvoudig, soos koeskoes met chorizo en gevulde calamari, lamvleis-koftas en n trio van klein hamburgertjies. Die spyskaart verander daagliks en vryloop- en plaaslike produkte word gebruik waar moontlik. Die plaashuis, wat as restaurant ingerig is, kyk uit oor die vallei, met n dam waarin kinders kan baljaar en n vuurherd met komberse vir knus kuiers."