Blog

Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Gans-Berg Nuus / News

Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Die Gans-Berg Nuus het vroeër vanjaar berig dat Adré Kleyn, een van drie 2022-matrikulante aan Hoërskool Hermanus, wat in 2023 as Top-Balletdansers gekroon is - met Ballet as ‘n 8ste vak in hulle matriekjaar. Nou is hierdie talentvolle eerstejaar deel van The Stage Performing Arts Studio se toergroep met die opvoering: Rooikappie and Wolf. Die doel hiermee is om studente geleentheid te bied om professionele produksies voor gehore op te voer. Adré speel een van die drie varkies, Ponkie en die regisseur is Yolande Rabe.

Rooikappie and Wolf - “Eens op ‘n tyd, tussen Ȇrens en Nêrens. Iewers op die randjie van die woud. Weerklink die woorde van ‘n verhaal, geken deur oud en jonk. Op die dorpie Nêrens word die storie vertel, as jy net vra. Van ‘n meisie wat ‘n Bloedrooi Mantel dra. Daar-en-dan, word sy Rooikappie gedoop. Maar wat sal die meisie op haar pad raakloop....” (Stet) Hierdie opvoering kan in Hermanus (middel September 2023), wat by die toerprogram ingesluit is, bygewoon word. Kaartjies is beskikbaar by info@thestage.co.za. 

Adré het verlede jaar in ‘n 5 uur lange oudisie by The Stage Performing Arts Studio geslaag, waar slegs 10 eerstejaars jaarliks aanvaar word. Nou is sy besig met haar Internasionale kwalifikasie (4 jaar) by The Stage, waar sy op die volgende dansstyle fokus: Ballet, Jazz, Kontemporêr, Modern en Tap, asook toegevoegde vakke vir afronding: Musical Theatre, Vocals, Drama en Hip Hop.

Maar gulde geleenthede soos hierdie kom nie sommer op ‘n skinkboord na ‘n mens toe nie. Harde vooraf werk en opofferinge is nodig. Adré het haar RAD (Royal Academy of Dance) ballet-eksamens op Intermediêre Vlak met meriete geslaag. Sy het intensiewe opleiding onder die bekwame hande van Marina Rautenbach (Marina’s Dance Education Centre) ontvang, wat ‘n gemiddeld van 92% vir hulle NSC eksamens gekry het. Die kurrikulum wat deur RAD gevolg word, laat hulle dansers aan die einde van matriek vir RAD-akkreditasie kwalifiseer, waarvoor hulle ‘n sertifikaat ontvang.

Adré se trotse ouers is Henn en Yvette Kleyn van Kleinmond. “Adré dans al die afgelope 14 jaar en het verskeie dansstyle oor die jare bemeester, soos Ballet, Jazz en Kontemporêr,” vertel Yvette. “Tydens die Covid-pandemie het sy ‘n volbeurs by Danslyn (Kyknet) ontvang om ‘n 6-maande aanlyn-danskursus te voltooi.” Dan het sy ook ‘n gedeeltelike beurs by die Joffrey Ballet School in New York ontvang om hulle Summer Intensive by te woon. Harde werk, sonder twyfel, maar Adré glo dat haar uiteindelike droom daardeur bereik sal word. Die Gans-Berg Nuus wens haar alle sterkte toe vir die toekoms. 

 
Hardus Botha
Die jong Adré Kleyn se pad na sukses

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Hermanus
Read More

Other Articles

Wine Tasting Weekend at Dal-Italia Deli

Wine Tasting Weekend at Dal-Italia Deli

Join Dal-Italia Deli for a special wine-tasting weekend featuring wines from Pink Valley, Le Chant and Skilpadvlei.

Leaving a Narcissist: There Is No Failure in Being Afraid

Leaving a Narcissist: There Is No Failure in Being Afraid

There is no failure in being too scared to take the step.

October Birthstone: Opals

October Birthstone: Opals

Did you know that opal is one of October’s birthstones?

LEAVING THE NARCISSIST: YOUR STORY DOES NOT END HERE

LEAVING THE NARCISSIST: YOUR STORY DOES NOT END HERE

Have you spent years putting someone else first, questioning your own reality, and slowly losing sight of the person you used to be?

LEAVING THE NARCISSIST

LEAVING THE NARCISSIST

Narcissistic abuse relies on you losing your self-worth.

See All Articles